Genesis 44:1-34

  • Josef se silwerbeker in Benjamin se sak (1-17)

  • Juda pleit vir Benjamin (18-34)

44  Later het hy die man wat oor sy huis was, beveel: “Vul die sakke van die manne met soveel kos as wat hulle kan dra, en sit elkeen se geld in die opening van sy sak.+  Maar jy moet my beker, die silwerbeker, in die opening van die sak van die jongste sit, saam met die geld vir sy graan.” Toe het hy gedoen wat Josef hom beveel het.  In die oggend, toe dit lig geword het, het die manne met hulle donkies vertrek.  Hulle was nog nie ver van die stad af nie toe Josef vir die man wat oor sy huis was, gesê het: “Staan op! Sit die manne agterna! Wanneer jy hulle inhaal, moet jy vir hulle sê: ‘Hoekom het julle so ’n slegte ding gedoen nadat julle so goed behandel is?  Is dit nie die beker waaruit my meester drink en wat hy gebruik om tekens met groot vaardigheid te lees nie? Dit is ’n slegte ding wat julle gedoen het.’”  Hy het hulle toe ingehaal en dit vir hulle gesê.  Maar hulle het vir hom gesê: “Hoekom sê my heer dit? U knegte sal nooit so iets doen nie.  Kyk, die geld wat ons in die opening van ons sakke gevind het, het ons uit die land Kanaän na u toe teruggebring.+ Hoekom sou ons dan silwer of goud uit die huis van u meester steel?  As dit by een van u slawe gevind word, laat hom dan sterf, en die res van ons sal ook slawe van u* meester word.” 10  Toe het hy gesê: “Dit sal wees soos julle sê: Die een by wie dit gevind word, sal my slaaf word, maar die res van julle sal onskuldig wees.” 11  En elkeen het gou sy sak op die grond gesit en dit oopgemaak. 12  Hy het toe deeglik gesoek. Hy het by die oudste begin en by die jongste geëindig. Uiteindelik is die beker in Benjamin se sak gevind.+ 13  Toe het hulle hulle klere geskeur, en elkeen van hulle het sy vrag weer op sy donkie getel en na die stad teruggekeer. 14  Toe Juda+ en sy broers in Josef se huis ingaan, was hy nog steeds daar, en hulle het voor hom na die grond toe neergebuig.+ 15  Josef het vir hulle gevra: “Wat het julle gedoen? Het julle nie geweet dat ’n man soos ek tekens met groot vaardigheid kan lees nie?”+ 16  Juda het toe geantwoord: “Wat kan ons vir my meester sê? Hoe kan ons dit verduidelik? En hoe kan ons bewys dat ons regverdig is? Die ware God het die oortreding van u slawe geopenbaar.+ Ons is nou my meester se slawe, ons sowel as die een by wie die beker gevind is!” 17  Maar hy het gesê: “Ek sal dit nooit doen nie! Die man by wie die beker gevind is, hy sal my slaaf word.+ Die res van julle mag in vrede na julle pa toe gaan.” 18  Juda het toe nader gekom na hom toe en gesê: “Ek smeek u, my meester, laat u kneg asseblief toe om met u te praat en moenie vir u slaaf kwaad word nie, want u is so magtig soos Farao self.+ 19  My meester het sy slawe gevra: ‘Het julle ’n pa of ’n broer?’ 20  En ons het vir my meester gesê: ‘Ons het ’n bejaarde pa, en hy het ’n kind op sy oudag gehad, die jongste.+ Maar sy broer is dood,+ en daarom is hy die enigste oorblywende seun van sy ma,+ en sy pa is lief vir hom.’ 21  Daarna het u vir u slawe gesê: ‘Bring hom na my toe sodat ek hom kan sien.’+ 22  Maar ons het vir my meester gesê: ‘Die seun kan nie sy pa verlaat nie. As hy sy pa verlaat, sal sy pa beslis sterf.’+ 23  Toe het u vir u slawe gesê: ‘Tensy julle jongste broer saam met julle kom, mag julle nie weer na my toe kom nie.’+ 24  “En ons het na u slaaf, my pa, gegaan en hom vertel wat my meester gesê het. 25  Later het ons pa gesê: ‘Gaan terug en koop vir ons ’n bietjie kos.’+ 26  Maar ons het gesê: ‘Ons kan nie gaan nie. Ons sal gaan as ons jongste broer saam met ons gaan, want ons kan nie na die man toe gaan tensy ons jongste broer by ons is nie.’+ 27  Toe het u slaaf, my pa, vir ons gesê: ‘Julle weet goed dat my vrou vir my aan net twee seuns geboorte gegee het.+ 28  Maar een van hulle het my verlaat, en ek het gesê: “Hy is sekerlik verskeur!”+ en ek het hom nooit weer gesien nie. 29  As julle hierdie een ook wegneem en iets met hom gebeur, sal julle beslis my grys hare met droefheid na die Graf*+ laat afgaan.’+ 30  “My pa, u slaaf, is net so lief vir hierdie seun soos vir sy eie lewe. As ek sonder hom terugkeer 31  en hy sien dat die seun nie daar is nie, sal hy sterf, en u knegte sal beslis die grys hare van u slaaf, ons pa, met droefheid na die Graf* laat afgaan. 32  U slaaf het vir my pa ’n waarborg vir die seun gegee deur te sê: ‘As ek hom nie terugbring nie, dan sal ek vir ewig teen Pa gesondig het.’+ 33  Laat ek dan nou asseblief in die plek van die seun as ’n slaaf vir my meester bly, sodat die seun saam met sy broers kan terugkeer. 34  Hoe kan ek sonder die seun na my pa terugkeer? Ek sal dit nie kan verdra om te sien wat dit aan my pa sal doen nie!”

Voetnote

Lett. “my”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.