Genesis 15:1-21

  • God se verbond met Abram (1-21)

    • Die 400 jaar van ellende voorspel (13)

    • God herhaal sy belofte aan Abram (18-21)

15  Daarna het Jehovah in ’n visioen vir Abram gesê: “Moenie bang wees nie,+ Abram. Ek is ’n skild vir jou.+ Jou beloning sal baie groot wees.”+  Abram het gevra: “Soewereine Heer Jehovah, wat sal u my gee, aangesien ek nog steeds kinderloos is en Eliëser,+ ’n man van Damaskus, my huis gaan erf?”  Abram het bygevoeg: “U het my geen nageslag*+ gegee nie, en ’n kneg* van my huis sal my erfgenaam wees.”  Maar Jehovah se antwoord aan hom was: “Hierdie man sal nie jou erfgenaam wees nie. Jou eie seun sal jou erfgenaam wees.”+  Toe het God vir Abram gesê om buitentoe te gaan, en hy het vir hom gesê: “Kyk asseblief op na die hemel en tel die sterre, as jy kan.” Toe het hy vir hom gesê: “So sal jou nageslag* word.”+  En Abram het geloof in Jehovah gestel,+ en daarom het Hy hom as regverdig beskou.+  En hy het bygevoeg: “Ek is Jehovah, wat jou uit Ur van die Galdeërs gebring het om hierdie land aan jou te gee as jou besitting.”+  Toe het hy gevra: “Soewereine Heer Jehovah, hoe kan ek seker wees dat ek dit in besit sal neem?”  Hy het hom geantwoord: “Neem vir my ’n drie jaar oue koei, ’n drie jaar oue bokooi, ’n drie jaar oue skaapram, ’n tortelduif en ’n jong duif.” 10  En hy het al hierdie diere geneem en hulle in twee gesny en die twee stukke van elke dier oorkant mekaar gesit,* maar hy het nie die voëls opgesny nie. 11  Toe het die roofvoëls op die karkasse begin toesak, maar Abram het hulle bly wegjaag. 12  Net voordat die son ondergegaan het, het ’n diep slaap oor Abram gekom, en dit het donker om hom geword. Dit was ’n groot en skrikwekkende duisternis. 13  Toe het Hy vir Abram gesê: “Jy moet weet dat jou nageslag* uitlanders sal wees in ’n land wat nie aan hulle behoort nie en dat die mense in daardie land hulle slawe sal maak en hulle 400 jaar lank sleg sal behandel.+ 14  Maar ek sal die nasie oordeel wat slawe van hulle maak,+ en daarna sal hulle met baie besittings weggaan.+ 15  Wat jou betref, jy sal ná ’n lang en goeie lewe in vrede sterf* en begrawe word.+ 16  Maar in die vierde geslag sal hulle hierheen terugkeer,+ want die tyd het nog nie gekom vir die Amoriete om vir hulle sondes gestraf te word nie.”+ 17  Toe die son ondergegaan het en dit baie donker geword het, het ’n rokende oond verskyn en het ’n vuurfakkel tussen die stukke deurgegaan. 18  Op daardie dag het Jehovah ’n verbond met Abram gemaak+ en gesê: “Aan jou nageslag* sal ek hierdie land gee,+ van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:+ 19  die land van die Keniete,+ die Kenissiete, die Kadmoniete, 20  die Hetiete,+ die Perissiete,+ die Refaïete,+ 21  die Amoriete, die Kanaäniete, die Girgasiete en die Jebusiete.”+

Voetnote

Lett. “saad”.
Lett. “seun”.
Lett. “saad”.
Of “elke deel daarvan so gesit dat dit by die ander pas”.
Lett. “saad”.
Lett. “na jou vaders gaan”.
Lett. “saad”.