Rigters 3:1-31

  • Jehovah toets Israel (1-6)

  • Otniël, eerste rigter (7-11)

  • Rigter Ehud maak vet koning Eglon dood (12-30)

  • Rigter Samgar (31)

3  Jehovah het nasies in die land laat oorbly om al die Israeliete te toets wat nie die oorloë van Kanaän ondervind het nie.+  Dit was sodat die geslagte van Israel wat nog nie oorlog ondervind het nie, kon leer om oorlog te voer.  Die nasies was: die Filistyne,+ onder die bevel van hulle vyf leiers, al die Kanaäniete, die Sidoniërs+ en die Hewiete+ wat in die Liʹbanon-berge woon,+ van die berg Baäl-Hermon af tot by Lebo-Hamat.*+  Deur middel van hulle is Israel getoets om vas te stel of Israel gehoorsaam sou wees aan Jehovah se gebooie wat hy deur Moses aan hulle vaders gegee het.+  Die Israeliete het dus gewoon tussen die Kanaäniete,+ die Hetiete, die Amoriete, die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete.  Die Israeliete het hierdie nasies se dogters as vrouens geneem en hulle eie dogters aan die seuns van hierdie nasies gegee en hulle gode begin dien.+  Die Israeliete het dus gedoen wat sleg is in Jehovah se oë, en hulle het Jehovah hulle God vergeet en het die Baäls+ en die heilige pale*+ gedien.  Toe het Jehovah woedend geword vir Israel, en hy het hulle in die hand van Kuʹsan-Risataʹim, die koning van Mesopotaʹmië,* oorgelewer.* Die Israeliete het Kuʹsan-Risataʹim agt jaar lank gedien.  Toe die Israeliete tot Jehovah om hulp geroep het,+ het Jehovah ’n redder voorsien om die Israeliete te bevry:+ Otʹniël,+ die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb. 10  Die gees van Jehovah het oor hom gekom,+ en hy het die rigter van Israel geword. Toe hy teen Kuʹsan-Risataʹim, die koning van Mesopotaʹmië,* oorlog gaan voer het, het Jehovah die koning in sy hand gegee. So het hy Kuʹsan-Risataʹim oorwin. 11  Daarna was daar 40 jaar lank vrede in die land. Toe het Otʹniël, die seun van Kenas, gesterf. 12  Die Israeliete het weer begin doen wat sleg is in Jehovah se oë.+ Daarom het Jehovah toegelaat dat Eglon, die koning van Moab,+ sterker word as Israel, omdat hulle gedoen het wat sleg is in Jehovah se oë. 13  Hy het ook die Ammoniete+ en die Amalekiete+ teen hulle laat opkom. Hulle het Israel aangeval en die stad van palmbome*+ ingeneem. 14  Die Israeliete het Eglon, die koning van Moab, 18 jaar lank gedien.+ 15  Toe het die Israeliete tot Jehovah om hulp begin roep,+ en Jehovah het vir hulle ’n redder voorsien:+ Ehud,+ die seun van Gera, ’n Benjaminiet+ wat links was.+ Ná verloop van tyd moes hy namens die Israeliete skatting* na Eglon, die koning van Moab, neem. 16  Intussen het Ehud vir hom ’n tweesnydende swaard gemaak wat ’n el* lank was, en hy het dit onder sy kleed aan sy regterheup gehang. 17  Hy het die skatting* vir Eglon, die koning van Moab, gegee. Eglon was ’n baie vet man. 18  Nadat Ehud die skatting* gegee het, het hy die mense wat die skatting* gedra het, weggestuur. 19  Maar nadat hy die beelde* in Gilgal+ bereik het, het hy teruggegaan en gesê: “Ek het ’n geheime boodskap vir u, o koning.” Toe het die koning gesê: “Stilte!” Al sy dienaars het toe van hom af weggegaan. 20  Ehud het na hom toe gegaan terwyl hy alleen in sy koel dakvertrek gesit het. Ehud het gesê: “Ek het vir u ’n boodskap van God af.” Eglon het dus van sy troon* af opgestaan. 21  Toe het Ehud sy swaard, wat op sy regterheup was, met sy linkerhand uitgetrek en dit in sy maag gesteek. 22  Die handvatsel het agter die lem ingegaan, en die vet het oor die lem gegaan, want hy het nie die swaard uit sy maag getrek nie, en die inhoud van die derms het uitgekom. 23  Toe het Ehud uitgegaan en die deure van die dakvertrek agter hom toegemaak en dit gesluit. 24  Nadat hy uitgegaan het, het Eglon se knegte teruggekom en gesien dat die deure van die dakvertrek gesluit is. Toe het hulle gesê: “Hy gebruik seker die toilet* in die koel binnekamer.” 25  Hulle het so lank gewag dat hulle bekommerd geword het, en toe hulle sien dat hy nog steeds nie die deure van die dakvertrek oopmaak nie, het hulle die sleutel geneem en die deure oopgemaak, en hulle het gesien dat hulle heer dood op die grond lê! 26  Ehud het ontsnap terwyl hulle gewag het, en hy het verby die beelde* gegaan+ en veilig by Seïra aangekom. 27  Toe hy daar kom, het hy in die bergstreek van Eʹfraim+ op die horing geblaas,+ en die Israeliete het uit die bergstreek begin afkom, en hy het hulle gelei. 28  Toe het hy vir hulle gesê: “Volg my, want Jehovah het julle vyande, die Moabiete, in julle hand gegee.” En hulle het hom gevolg en die driwwe van die Jordaanrivier beset sodat die Moabiete nie meer daardeur kon gaan nie. 29  Hulle het toe sowat 10 000 Moabiete doodgemaak,+ almal sterk en dapper manne. Nie een het ontsnap nie.+ 30  Op daardie dag is Moab deur Israel onderwerp, en daar was 80 jaar lank vrede in die land.+ 31  Ná hom was Samgar,+ die seun van Anat, en hy het 600 Filistynse manne+ met ’n veedrywerstok*+ doodgemaak. Hy het Israel ook gered.

Voetnote

Of “die ingang van Hamat”.
Lett. “Aram-Naharaim”.
Lett. “verkoop”.
Lett. “Aram”.
D.w.s. Jerigo.
Dalk die kort el van omtrent 38 cm. Sien Aanh. B14.
Of moontlik “die klipgroewe”.
Of “sitplek”.
Lett. “Hy bedek seker sy voete”.
Of moontlik “die klipgroewe”.
Sien Woordelys, “Prikkel”.