Rigters 1:1-36

  • Juda en Simeon se oorwinnings (1-20)

  • Jebusiete nie uit Jerusalem verdryf nie (21)

  • Josef neem Bet-El in besit (22-26)

  • Kanaäniete nie heeltemal verdryf nie (27-36)

1  Ná die dood van Josua+ het die Israeliete Jehovah gevra:+ “Wie van ons moet eerste teen die Kanaäniete gaan veg?”  Jehovah het geantwoord: “Juda sal gaan.+ Kyk! Ek gee die land in sy hand.”*  Toe het Juda vir sy broer Siʹmeon gesê: “Kom saam met my na die gebied wat aan my toegewys is,*+ sodat ons teen die Kanaäniete kan veg. Dan sal ek saam met jou gaan na die gebied wat aan jou toegewys is.” Siʹmeon het dus saam met hom gegaan.  Toe Juda gegaan het, het Jehovah die Kanaäniete en die Perissiete in hulle hand gegee,+ en hulle het 10 000 manne in Beʹsek verslaan.  Hulle het Adoʹni-Beʹsek in Beʹsek gevind, en daar het hulle teen hom geveg en die Kanaäniete+ en die Perissiete+ verslaan.  Toe Adoʹni-Beʹsek vlug, het hulle hom agternagesit en hom gevang en sy duime en sy groottone afgesny.  Toe het Adoʹni-Beʹsek gesê: “Daar is 70 konings wie se duime en groottone afgesny is en wat onder my tafel kos optel. God betaal my nou terug vir wat ek gedoen het.” Daarna het hulle hom na Jerusalem+ gebring, en hy het daar gesterf.  Die manne van Juda het toe teen Jerusalem oorlog gemaak+ en dit ingeneem. Hulle het die inwoners met die swaard doodgemaak en die stad aan die brand gesteek.  Daarna het die manne van Juda gegaan om teen die Kanaäniete te veg wat in die bergstreek en die Negeb en die Sjefeʹla+ gewoon het. 10  Juda het die Kanaäniete aangeval wat in Heʹbron gewoon het (die naam van Heʹbron was voorheen Kirjat-Arba), en hulle het Sesai, Ahiʹman en Talmai doodgemaak.+ 11  Daarvandaan het hulle teen die inwoners van Debir opgetrek.+ (Die naam van Debir was voorheen Kirjat-Sefer.)+ 12  Toe het Kaleb+ gesê: “Ek sal my dogter Agsa as vrou gee aan die man wat Kirjat-Sefer verslaan en inneem.”+ 13  En Otʹniël,+ die seun van Kenas,+ Kaleb se jonger broer, het dit ingeneem. Daarom het Kaleb sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee. 14  Op pad huis toe het sy by hom aangedring om haar pa vir ’n stuk grond te vra. Toe het sy van haar donkie afgeklim.* Kaleb het haar gevra: “Wat wil jy hê?” 15  Sy het gesê: “Seën my asseblief met ’n geskenk, want Pa het vir my ’n stuk grond in die suide* gegee. Gee vir my ook Gullot-Maim.”* Toe het Kaleb vir haar Bo-Gullot en Onder-Gullot gegee. 16  En die nakomelinge van Moses se skoonpa,+ die Keniet,+ het saam met Juda uit die stad van palmbome*+ na die wildernis van Juda getrek, suid van Arad.+ Hulle het daarheen gegaan en onder die mense gaan woon.+ 17  Maar Juda het saam met sy broer Siʹmeon verder gegaan, en hulle het die Kanaäniete aangeval wat in Sefat gewoon het en dit heeltemal vernietig.+ Hulle het die stad dus Horma*+ genoem. 18  Toe het Juda Gasa+ en sy gebied, Asʹkelon+ en sy gebied en Ekron+ en sy gebied ingeneem. 19  Jehovah was met Juda, en hulle het die bergstreek in besit geneem, maar hulle kon nie die mense uitdryf wat op die vlakte gewoon het nie, want hulle het strydwaens met ysterlemme* gehad.+ 20  Hulle het Heʹbron aan Kaleb gegee, net soos Moses belowe het,+ en hy het die drie seuns van Enak+ daaruit verdryf. 21  Maar die Benjaminiete het nie die Jebusiete verdryf wat in Jerusalem woon nie, en daarom woon die Jebusiete vandag nog in Jerusalem tussen die Benjaminiete.+ 22  Intussen het die huis van Josef+ Bet-El aangeval, en Jehovah was met hulle.+ 23  Die huis van Josef het Bet-El gaan verken (die naam van die stad was voorheen Lus),+ 24  en die spioene het ’n man gesien wat uit die stad uitkom. Toe het hulle vir hom gesê: “Wys asseblief vir ons hoe om in die stad te kom, en ons sal jou goed behandel.”* 25  Die man het toe vir hulle gewys hoe om in die stad in te kom, en hulle het die inwoners van die stad met die swaard doodgemaak, maar hulle het die man en sy hele familie laat gaan.+ 26  Die man het na die land van die Hetiete gegaan en ’n stad gebou en dit Lus genoem, en dit is vandag nog die naam van die stad. 27  Manasʹse het nie Bet-Sean en sy afhanklike* dorpe, Taʹänag+ en sy afhanklike dorpe, die inwoners van Dor en sy afhanklike dorpe, die inwoners van Jibʹleam en sy afhanklike dorpe en die inwoners van Megidʹdo en sy afhanklike dorpe in besit geneem nie.+ Die Kanaäniete het in hierdie gebied bly woon. 28  Toe die Israeliete ’n sterker volk geword het, het hulle die Kanaäniete gedwing om as slawe te werk,+ maar hulle het hulle nie heeltemal verdryf nie.+ 29  Eʹfraim het ook nie die Kanaäniete verdryf wat in Geser gewoon het nie. Die Kanaäniete het tussen hulle in Geser bly woon.+ 30  Seʹbulon het nie die inwoners van Kitron en Naʹhalol+ verdryf nie. Die Kanaäniete het tussen hulle bly woon en moes as slawe werk.+ 31  Aser het nie die inwoners van Akko en die inwoners van Sidon,+ Aglab, Agsib,+ Helba, Afik+ en Rehob+ verdryf nie. 32  Die Aseriete het dus tussen die Kanaäniete in die land bly woon, want hulle het die Kanaäniete nie verdryf nie. 33  Nafʹtali het nie die inwoners van Bet-Semes en die inwoners van Bet-Anat+ verdryf nie, maar hulle het tussen die Kanaäniete in die land bly woon.+ Die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat het as slawe vir hulle gewerk. 34  Die Amoriete het die Daniete gedwing om in die bergstreek te bly, want hulle het hulle nie toegelaat om na die vlakte af te kom nie.+ 35  Die Amoriete het op die berg Heres en in Aʹjalon+ en Saʹälbim+ bly woon. Maar toe die huis van Josef magtiger geword het,* het hulle die Amoriete gedwing om swaar werk te doen. 36  Die gebied van die Amoriete het by die opdraand van Akrabʹbim+ begin en het van Sela af boontoe gestrek.

Voetnote

Of “Ek het die land in sy hand gegee”.
Lett. “my lot”.
Of moontlik “haar hande geklap terwyl sy op die donkie was”.
Of “Negeb”.
Beteken “komme (bakke) water”.
D.w.s. Jerigo.
Beteken “oorgegee aan vernietiging”.
Lett. “strydwaens van yster”.
Lett. “lojale liefde aan jou betoon”.
Of “omliggende”.
Lett. “die hand van die huis van Josef swaar geword het”.