Volgens Markus 16:1-8
-
Jesus word opgewek (1-8)
16 Toe die Sabbat+ verby was, het Maria Magdaleʹna, Maria,+ die ma van Jakobus, en ook Saloʹme speserye gekoop sodat hulle dit aan sy liggaam kon smeer.+
2 En hulle het baie vroeg op die eerste dag van die week, toe die son opgekom het, na die graf* gekom.+
3 Hulle het vir mekaar gevra: “Wie sal vir ons die klip voor die ingang van die graf wegrol?”
4 Maar toe hulle opkyk, het hulle gesien dat die klip weggerol is, al was dit baie groot.+
5 Toe hulle in die graf ingaan, het hulle ’n jong man in ’n lang wit kleed aan die regterkant sien sit, en hulle was verstom.
6 Hy het vir hulle gesê: “Moenie verstom wees nie.+ Julle soek na Jesus die Nasarener wat aan ’n paal gehang is. Hy is opgewek.+ Hy is nie hier nie. Kyk, hier is die plek waar hulle hom neergelê het.+
7 Maar gaan sê vir sy dissipels en Petrus: ‘Hy gaan voor julle uit na Galileʹa.+ Julle sal hom daar sien, net soos hy vir julle gesê het.’”+
8 Toe hulle uitkom, het hulle van die graf af weggevlug, en hulle het gebewe van skrik en verbasing. Hulle het vir niemand enigiets vertel nie, want hulle was bang.*+
Voetnote
^ Of “gedenkgraf”.

