Volgens Matteus 6:1-34

  • BERGPREDIKASIE (1-34)

    • Moenie goeie dade doen om gesien te word nie (1-4)

    • Hoe om te bid (5-15)

      • Modelgebed (9-13)

    • Vas (16-18)

    • Skatte op aarde en in hemel (19-24)

    • Hou op om bekommerd te wees (25-34)

      • Hou aan om eers die Koninkryk te soek (33)

6  “Pasop dat julle nie goeie dade voor mense doen* om deur hulle gesien te word nie,+ want anders sal julle geen beloning hê by julle Vader wat in die hemel is nie.  Wanneer jy geskenke aan die armes* gee, moet jy nie ’n trompet voor jou blaas soos die skynheiliges in die sinagoges en in die strate doen nie. Hulle doen dit sodat hulle deur mense geëer kan word. Ek verseker julle: Hulle het reeds hulle volle beloning ontvang.  Maar wanneer jy geskenke vir die armes gee, moet jy nie jou linkerhand laat weet wat jou regterhand doen nie,  sodat jou geskenke wat jy vir die armes gee, in die geheim kan wees. Dan sal jou Vader wat in die geheim toekyk, jou beloon.+  “En wanneer julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie.+ Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die hoofstrate te staan en bid om deur mense gesien te word.+ Ek verseker julle: Hulle het reeds hulle volle beloning ontvang.  Maar wanneer jy bid, moet jy in jou binnekamer ingaan, en nadat jy die deur toegemaak het, moet jy bid tot jou Vader wat in die geheim toekyk.+ Dan sal jou Vader wat in die geheim toekyk, jou beloon.  Wanneer julle bid, moet julle nie dieselfde dinge oor en oor sê soos die mense van die nasies nie, want hulle dink dat God na hulle sal luister omdat hulle baie woorde gebruik.  Moenie soos hulle wees nie, want julle Vader weet wat julle nodig het+ selfs nog voordat julle hom vra.  “Julle moet dan só bid:+ “‘Ons Vader in die hemel, laat u naam+ geheilig word.+ 10  Laat u Koninkryk+ kom. Laat u wil+ plaasvind* op die aarde,+ net soos in die hemel. 11  Gee ons vandag ons brood vir hierdie dag,+ 12  en vergewe ons ons sondes,* soos ons ook die mense vergewe het wat teen ons gesondig het.*+ 13  En moet ons nie in versoeking bring nie,+ maar verlos* ons van die Duiwel.’*+ 14  “Want as julle mense vir hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe,+ 15  maar as julle mense nie vir hulle oortredings vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie vir julle oortredings vergewe nie.+ 16  “Wanneer julle vas,+ moet julle ophou om soos die skynheiliges met ’n lang gesig rond te loop, want hulle trek hulle gesigte* sodat mense kan sien dat hulle vas.+ Ek verseker julle: Hulle het reeds hulle volle beloning ontvang. 17  Maar wanneer jy vas, moet jy olie op jou kop sit en jou gesig was, 18  sodat mense nie sal sien dat jy vas nie, maar net jou Vader wat in die geheim toekyk. Dan sal jou Vader wat in die geheim toekyk, jou beloon. 19  “Hou op om vir julle skatte op die aarde bymekaar te maak,+ waar mot en roes verteer en waar diewe inbreek en steel. 20  Maak eerder vir julle skatte in die hemel bymekaar,+ waar mot en roes nie verteer nie+ en waar diewe nie inbreek en steel nie. 21  Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. 22  “Die lamp van die liggaam is die oog.+ As jou oog dan gefokus* is, sal jou hele liggaam helder* wees. 23  Maar as jou oog vol jaloesie* is,+ sal jou hele liggaam donker wees. As die lig in jou in werklikheid duisternis is, hoe groot is daardie duisternis tog! 24  “Niemand kan twee meesters as slaaf dien nie, want hy sal die een haat en die ander een liefhê,+ of hy sal lojaal wees aan die een en die ander een nie kan verdra nie. Julle kan nie slawe van God en van Rykdom wees nie.+ 25  “Daarom sê ek vir julle: Hou op om bekommerd te wees+ oor julle lewens,* oor wat julle sal eet of oor wat julle sal drink, of oor julle liggame, oor wat julle sal aantrek.+ Beteken die lewe* nie meer as kos en die liggaam meer as klere nie?+ 26  Hou die voëls van die hemel goed dop.+ Hulle saai nie saad nie en hulle oes nie en hulle maak nie in voorraadskure bymekaar nie, maar tog sorg julle hemelse Vader dat hulle kos het. Is julle nie meer werd as hulle nie? 27  Wie van julle kan een el* by sy lewe voeg deur hom te bekommer?+ 28  En hoekom is julle bekommerd oor klere? Leer ’n les by die lelies van die veld, hoe hulle groei. Hulle sloof hulle nie af nie, en hulle spin ook nie, 29  maar ek sê vir julle dat nie eers Salomo+ met al sy prag en rykdom soos een van hulle geklee was nie. 30  As God dan die plantegroei van die veld so klee, wat vandag hier is en môre in die oond gegooi word, sal hy julle nie veel eerder klee nie? Waar is julle geloof? 31  Moet dan nooit bekommerd wees+ en sê: ‘Wat gaan ons eet?’ of: ‘Wat gaan ons drink?’ of: ‘Wat gaan ons aantrek?’ nie.+ 32  Want al hierdie dinge jaag die nasies gretig na. Julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 33  “Hou dan aan om eers die Koninkryk en sy regverdigheid te soek, en al hierdie ander dinge sal vir julle bygevoeg word.+ 34  Moet dus nooit bekommerd wees oor die volgende dag nie,+ want die volgende dag sal sy eie bekommernisse hê. Elke dag het genoeg van sy eie probleme.

Voetnote

Lett. “julle regverdigheid voor mense beoefen”.
Of “genadegawes”.
Of “geskied”.
Lett. “skulde”.
Lett. “ons skuldenaars vergewe het”.
Of “red”.
Lett. “die Bose”.
Of “verwaarloos hulle voorkoms”.
Of “helder”. Lett. “eenvoudig”.
Of “vol lig”.
Of “afguns”. Lett. “sleg; goddeloos”.
Of “die siel”.
Of “siele”.