Spreuke 27:1-27

  • Teregwysing van vriend is goed (5, 6)

  • My seun, maak my hart bly (11)

  • Yster slyp yster (17)

  • Weet hoe dit met jou kudde gaan (23)

  • “Rykdom hou nie vir ewig nie” (24)

27  Moenie spog oor wat jy môre gaan doen nie,want jy weet nie wat môre gaan gebeur nie.+   Laat iemand anders jou prys, en nie jou eie mond nie. Laat ander dit doen, en nie jou eie lippe nie.+   ’n Klip is swaar en sand weeg baie,maar die irritasie wat ’n dwaas veroorsaak, is swaarder as al twee.+   Woede is wreed, en dit is soos vernietigende vloedwaters,maar wie kan voor jaloesie staande bly?+   ’n Openlike teregwysing is beter as liefde wat weggesteek word.+   Al maak ’n vriend se teregwysing seer, bewys dit sy getrouheid,+maar ’n vyand gee baie soene.*   As iemand genoeg geëet het, wil hy nie eers heuning uit ’n heuningkoek hê nie,maar as ’n mens honger is, smaak selfs wat bitter is, soet.   Soos ’n voël wat ver van sy nes af is,*so is ’n man wat ver van sy huis af is.   Olie en reukwerk maak die hart bly,so ook die vriendskap van iemand wat jou opregte raad gee.+ 10  Moenie jou rug draai op jou vriend of jou pa se vriend nie,en moenie na jou broer se huis gaan as rampspoed jou tref nie. ’n Buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver weg is.+ 11  Wees wys, my seun, en maak my hart bly,+sodat ek hom wat my uittart, ’n antwoord kan gee.+ 12  Die verstandige sien die gevaar en vermy dit,+maar die onervarene gaan voort en moet die gevolge dra. 13  Neem ’n man se kleed as hyvir ’n vreemdeling borg gestaan het,en as hy dit vir ’n onsedelike vrou* gedoen het, moet jy van sy besittings as sekuriteit neem.+ 14  As iemand sy medemens vroeg in die oggend met ’n harde stem seën,sal dit as ’n vloek beskou word. 15  ’n Stryerige* vrou is soos ’n dak wat aanhoudend lek op ’n reënerige dag.+ 16  Iemand wat haar kan beheer, kan die wind beheeren kan olie in sy regterhand vashou. 17  Soos yster deur yster geslyp word,so vorm* vriende mekaar.+ 18  Die een wat ’n vyeboom versorg, sal die vrugte daarvan eet,+en die een wat vir sy meester sorg, sal geëer word.+ 19  Soos water ’n mens se gesig weerspieël,so weerspieël die hart van een mens dié van ’n ander. 20  Die Graf en die plek van vernietiging* raak nooit versadig nie,+en die oë van ’n mens raak ook nooit versadig nie. 21  Soos die smeltpot vir silwer is en die smeltoond vir goud,+so word ’n mens getoets deur die lof wat hy ontvang. 22  Graan word met ’n stamper fyngemaal. Maar al doen jy dit met ’n dwaas,sal jy nie sy dwaasheid uit hom kry nie. 23  Jy moet weet hoe dit met jou kudde gaan.* Sorg goed vir* jou skape,+ 24  want rykdom hou nie vir ewig nie,+en ’n kroon ook nie tot in alle geslagte nie. 25  Die groen gras verdwyn, nuwe gras verskynen voer word uit die berge ingebring. 26  Die jong ramme voorsien wol vir jou klere,en die bokramme wat jy verkoop, voorsien geld vir ’n stuk grond. 27  En daar sal genoeg bokmelk vir jou,jou huisgesin en jou diensmeisies wees.

Voetnote

Of moontlik “’n vyand se soene is vals”.
Of “wat van sy nes af vlug”.
Of “’n uitlander”.
Of “Neulerige”.
Lett. “slyp”.
Of “Sjeool en Abaddon”.
Of “die voorkoms van jou kudde goed ken”.
Of “Rig jou hart op; Skenk aandag aan”.