Spreuke 22:1-29

  • Goeie naam beter as baie rykdom (1)

  • “Lei ’n kind op” (6)

  • Luiaard bang vir leeu buite (13)

  • Dissipline verwyder dwaasheid (15)

  • Goeie werker sal voor konings staan (29)

22  ’n Goeie naam* is beter as baie rykdom.+ Dit is beter om gerespekteer te word as om silwer en goud te hê.   Die ryke en die arme het die volgende in gemeen: Jehovah het hulle albei gemaak.+   Die verstandige sien die gevaar en vermy dit,maar die onervarene gaan voort en moet die gevolge dra.   Nederigheid en vrees vir Jehovahlei tot rykdom en eer en die lewe.+   Daar is dorings en strikke op die weg van die slegte man,maar die een wat sy lewe liefhet, bly ver weg daarvan.+   Lei ’n kind* op in die weg wat hy moet volg.+ Selfs as hy oud word, sal hy dit nie verlaat nie.+   Die ryke heers oor die armes,en die lener is ’n slaaf van die man by wie hy leen.+   Die een wat onregverdigheid saai, sal rampspoed oes,+en sy oorheersing van ander* sal tot ’n einde kom.+   Die vrygewige persoon sal geseën word,want hy deel sy kos met die armes.+ 10  Jaag die spotter weg,dan sal stryery verdwyn,en regsake* en beledigings sal ophou. 11  Die een wie se hart rein is* en wie se woorde aangenaam is,sal die koning as sy vriend hê.+ 12  Jehovah bewaar kennis,maar hy laat die woorde van bedrieglike mense misluk.+ 13  Die luiaard sê: “Daar is ’n leeu buite! Ek sal op die openbare plein doodgemaak word!”+ 14  Die woorde van slegte* vrouens is soos ’n diep gat.+ Die een wat deur Jehovah veroordeel word, sal daarin val. 15  Dwaasheid sit vas in die hart van ’n kind,*+maar die lat van dissipline sal dit ver van hom af verwyder.+ 16  Die een wat die armes uitbuit sodat hy ryker kan word+en die een wat geskenke aan die rykes gee,sal arm word. 17  Skenk aandag aan die woorde van die wyses,+sodat jy my kennis in jou hart kan laat insink.+ 18  Want dit is goed om dit diep binne-in jou te bewaar,+sodat jy altyd oor al hierdie dinge sal praat.+ 19  Ek gee jou vandag kennis,sodat jy op Jehovah sal vertrou. 20  Het ek nie reeds aan jou geskryfen jou raad en kennis gegee nie? 21  Ek het jou ware en betroubare woorde geleer,sodat jy ’n akkurate verslag kan terugneem na die een wat jou gestuur het. 22  Moenie die arm man beroof omdat hy arm is nie,+en moenie die hulpelose in die stadspoort onderdruk nie,+ 23  want Jehovah sal hulle verdedig,+en hy sal die lewe neem van dié wat hulle uitbuit. 24  Moenie assosieer met iemand wat gou kwaad word nie,en moenie betrokke raak by iemand wat geneig is om woedend te word nie, 25  sodat jy nooit sy weë sal aanleeren so in ’n strik beland nie.+ 26  Moenie onder dié wees wat ’n ooreenkoms maakom borg te staan vir ’n lening nie.+ 27  As jy nie kan betaal nie,sal jou bed onder jou uit geneem word! 28  Moenie ’n grensmerker verskuifwat jou voorvaders lank gelede daar gesit het nie.+ 29  Het jy ’n man gesien wat sy werk goed kan doen? Hy sal voor konings staan.+ Hy sal nie voor gewone mense staan nie.

Voetnote

Of “’n Goeie reputasie”. Lett. “’n Naam”.
Lett. “seun”. Of “jongmens”.
Lett. “die stok van sy woede”.
Of “geskille”.
Lett. “wat ’n rein hart liefhet”.
Lett. “vreemde”. Sien Spr 2:16.
Lett. “seun”. Of “jongmens”.