Spreuke 19:1-29

  • Insig keer dat mens gou kwaad word (11)

  • Stryerige vrou soos dak wat lek (13)

  • Verstandige vrou kom van Jehovah (14)

  • Dissiplineer kind terwyl daar hoop is (18)

  • Wys om na raad te luister (20)

19  Dit is beter om arm te wees en ’n weg van integriteit* te volg+as om dwaas te wees en leuens te vertel.+   Dit is nie goed vir ’n mens om geen kennis te hê nie,+en die een wat oorhaastig optree, sondig.   ’n Man se eie dwaasheid laat hom ’n verkeerde weg volg,en dan word hy* woedend vir Jehovah.   Rykdom bring baie vriende,maar die arm man se vriende laat hom in die steek.+   ’n Valse getuie sal nie ongestraf bly nie,+en ’n leuenaar sal nie wegkom nie.+   Baie mense wil die goedkeuring van ’n belangrike* persoon verkry,en almal is ’n vriend van die man wat geskenke gee.   As al die broers van ’n arm man hom haat,+hoeveel te meer sal sy vriende hom dan vermy!+ Hy probeer hulle iets vra, maar niemand reageer nie.   Die een wat wysheid verkry, het homself lief.+ Die een wat insig as ’n skatbewaar, sal suksesvol wees.+   ’n Valse getuie sal nie ongestraf bly nie,en ’n leuenaar sal sterf.+ 10  Dit is nie gepas dat ’n dwaas in weelde lewe nie. Nog minder dat ’n kneg oor leiers regeer!+ 11  Insig keer dat ’n mens gou kwaad word,+en dit is mooi van hom om ’n oortreding oor te sien.+ 12  ’n Koning se woede is soos die gebrul van ’n leeu,*+maar sy goedkeuring is soos dou op die plante. 13  ’n Dwase seun veroorsaak probleme vir sy pa,+en ’n stryerige* vrou is soos ’n dak wat aanhoudend lek.+ 14  ’n Huis en rykdom erf ’n mens by jou pa,maar ’n verstandige vrou kom van Jehovah.+ 15  ’n Lui persoon wil net slaap,en iemand wat traag is, sal honger ly.+ 16  Die een wat die gebod gehoorsaam, sal bly lewe.+ Die een wat nie omgee hoe hy lewe nie, sal sterf.+ 17  Die een wat goed is vir die armes, leen aan Jehovah,+en Hy sal hom terugbetaal* vir wat hy doen.+ 18  Dissiplineer jou seun terwyl daar nog hoop is,+en moenie verantwoordelik word vir sy dood nie.+ 19  ’n Man wat gou kwaad word, sal die gevolge daarvan dra. As jy hom teen die gevolge probeer beskerm, sal jy dit keer op keer moet doen.+ 20  Luister na raad en aanvaar dissipline,+sodat jy in die toekoms wys kan word.+ 21  Daar is baie planne in ’n man se hart,maar die raad* van Jehovah sal bly staan.+ 22  Wat ’n mens aantreklik maak, is sy lojale liefde,+en dit is beter om arm te wees as om ’n leuenaar te wees. 23  Vrees vir Jehovah lei tot die lewe.+ Die een wat hom vrees, sal rustig slaap en niks oorkom nie.+ 24  Die luiaard steek sy hand in die feesbak,maar hy doen nie die moeite om dit na sy mond te bring nie.+ 25  Slaan die spotter,+ sodat die onervarene verstandig kan word,+en dissiplineer die verstandige, sodat hy meer kennis kan kry.+ 26  Die seun wat sy pa sleg behandel en sy ma wegjaag,veroorsaak skande en oneer.+ 27  My seun, as jy ophou om na dissipline te luister,sal jy afwyk van die woorde van kennis. 28  ’n Nuttelose getuie bespot geregtigheid,+en die mond van die goddeloses sluk goddeloosheid in.+ 29  Spotters sal gestraf word,+en dwase sal geslaan word.+

Voetnote

Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Lett. “sy hart”.
Of “vrygewige”.
Of “jong maanhaarleeu”.
Of “neulerige”.
Of “beloon”.
Of “voorneme”.