Spreuke 12:1-28

  • Een wat teregwysing haat, verstandeloos (1)

  • Woorde soos swaardsteke (18)

  • Om vrede te bevorder, bring vreugde (20)

  • Lippe wat leuens vertel, is vir Jehovah afskuwelik (22)

  • Angstigheid maak mens terneergedruk (25)

12  Die een wat dissipline liefhet, het kennis lief,+maar die een wat teregwysing haat, is verstandeloos.+   Die goeie mens verkry Jehovah se goedkeuring,maar Hy veroordeel die man wat goddelose planne beraam.+   Niemand verkry veiligheid deur goddelose dade nie,+maar die regverdige sal nooit uitgeruk word nie.   ’n Goeie vrou is ’n kroon vir haar man,+maar die vrou wat haar skandelik gedra, is vir haar man soos ’n verterende siekte.*+   Die gedagtes van die regverdiges is regverdig,maar die leiding van die goddeloses is bedrieglik.   Die woorde van die goddeloses is ’n dodelike strik,+maar die mond van dié wat reg lewe, red hulle.+   Wanneer die goddeloses tot ’n val kom, is dit verby met hulle,maar die huis van die regverdiges sal bly staan.+   ’n Man word geprys wanneer hy met insig praat,+maar mense sal geen respek hê vir ’n man wat ’n goddelose hart het nie.+   Dit is beter om onbelangrik te wees en ’n slaaf te hêas om jouself te verheerlik en nie kos te hê nie.+ 10  Die regverdige sorg vir sy diere,+maar selfs die genade van die goddeloses is wreed. 11  Die een wat sy grond bewerk, sal genoeg kos hê,+maar die een wat waardelose dinge najaag, is onverstandig. 12  Die goddelose begeer wat ander slegte mense verkry het,maar die regverdige is soos ’n diepgewortelde boom wat vrug dra. 13  Die goddelose word deur sy eie sondige woorde verstrik,+maar die regverdige bevry homself uit moeilikhede. 14  Weens ’n man se woorde sal hy goeie dinge ondervind,+en die werk van sy hande hou vir hom ’n beloning in. 15  Die weg van die dwaas is reg in sy eie oë,+maar die wyse persoon aanvaar raad.+ 16  ’n Dwaas wys dadelik dat hy hom vererg het,+maar die verstandige man sien ’n belediging oor. 17  ’n Betroubare getuie praat die waarheid,maar ’n valse getuie vertel leuens. 18  As ’n mens praat sonder om te dink, sal jou woorde soos swaardsteke wees,maar die tong van die wyses is genesend.+ 19  Woorde van waarheid bly vir ewig,+maar leuens duur net vir ’n oomblik.+ 20  Bedrog is in die hart van dié wat slegte dinge beplan,maar dié wat vrede bevorder, is vreugdevol.+ 21  Niks skadeliks sal die regverdige tref nie,+maar die goddeloses sal baie rampspoed ondervind.+ 22  Lippe wat leuens vertel, is vir Jehovah afskuwelik,+maar mense wat betroubaar is, gee hom vreugde. 23  ’n Verstandige mens bly stil oor wat hy weet,maar die dwaas* verkondig sy dwaasheid.+ 24  Hardwerkende mense sal regeer,+maar lui mense sal as slawe werk.+ 25  Angstigheid in ’n mens se hart maak hom terneergedruk,*+maar ’n goeie woord maak sy hart bly.+ 26  Die regverdige ondersoek sy weiveld,maar die weg van die goddeloses bring hulle op ’n dwaalspoor. 27  Lui mense sal nie eers jag om kos te kry nie,+maar om hard te werk, is vir ’n man ’n kosbare skat. 28  Die pad van regverdigheid lei na die lewe.+ Hierdie pad lei nie na die dood nie.

Voetnote

Lett. “soos verrotting in sy gebeente”.
Lett. “die hart van die dwaas”.
Of “depressief”.