Spreuke 14:1-35

  • Net jy ken pyn in jou hart (10)

  • Weg wat reg lyk, kan na dood lei (12)

  • Onervarene glo elke woord (15)

  • Ryk man het baie vriende (20)

  • Kalm hart beteken lewe vir liggaam (30)

14  ’n Vrou wat waarlik wys is, bou haar huis op,+maar ’n dwase vrou breek dit met haar eie hande af.   Iemand wat reg lewe, vrees Jehovah,maar die een wat ’n verkeerde weg volg, het geen respek vir Hom nie.   Die hoogmoedige mond van ’n dwaas is soos ’n lat,maar die lippe van die wyses sal hulle beskerm.   Waar daar nie beeste is nie, is die krip skoon,maar die krag van ’n bul lewer ’n groot oes op.   ’n Betroubare getuie sal nie lieg nie,maar ’n valse getuie vertel die een leuen ná die ander.+   Die spotter soek wysheid en vind dit nie,maar ’n verstandige mens verkry maklik kennis.+   Bly weg van die dwaas,want jy sal nie kennis by hom vind nie.+   Wysheid laat ’n verstandige man sy weg verstaan,maar die dwase word mislei* deur hulle dwaasheid.+   Dwase lag oor* hulle sondes,+maar die getroues is bereid om dinge reg te stel. 10  Net jy ken die pyn* in jou hart,en ander kan nie jou vreugde ondervind nie. 11  Die huis van die goddeloses sal vernietig word,+maar die tent van die getroues sal floreer. 12  Daar is ’n weg wat vir ’n mens reg lyk,+maar op die ou end lei dit na die dood.+ 13  Selfs as iemand lag, kan daar pyn in sy hart wees,en blydskap kan in trane eindig. 14  Die een wat ’n ongehoorsame hart het, sal die gevolge van sy dade dra,+maar die goeie man sal vir sy dade beloon word.+ 15  Iemand wat onervare is, glo elke woord,maar die verstandige persoon dink mooi voordat hy iets doen.+ 16  Die wyse is versigtig en vermy wat sleg is,maar die dwaas is roekeloos en het te veel selfvertroue. 17  Die een wat gou kwaad word, tree dwaas op,+maar die man wat dinge goed deurdink, word gehaat. 18  Die onervarenes sal net dwaasheid erf,maar die verstandiges word met kennis gekroon.+ 19  Slegte mense sal voor die goeies moet neerbuig,en goddelose mense sal by die poorte van die regverdiges neerbuig. 20  ’n Arm man word selfs deur sy bure gehaat,+maar ’n ryk man het baie vriende.+ 21  Die een wat niks voel vir sy medemens nie, sondig,maar die een wat goedhartigheid betoon aan die hulpeloses, is gelukkig.+ 22  Sal dié wat slegte dinge beplan, nie op ’n dwaalspoor beland nie? Maar dié wat vasbeslote is om goeie dinge te doen, sal lojale liefde en getrouheid ontvang.+ 23  Elke soort harde werk hou voordele in,maar om net te praat, lei tot armoede.+ 24  Die kroon van die wyses is hulle rykdom,maar die dwaasheid van die dwase is maar net dwaasheid.+ 25  ’n Getuie wat die waarheid praat, red lewens,maar ’n valse getuie vertel die een leuen ná die ander. 26  Die mens wat Jehovah vrees, het sterk vertroue,+en dit sal vir sy kinders ’n beskerming* wees.+ 27  Vrees vir Jehovah is ’n fontein van die lewe. Dit hou ’n mens weg van die strikke van die dood. 28  ’n Groot volk is die prag van ’n koning,+maar sonder onderdane is ’n heerser niks nie. 29  Die een wat nie gou kwaad word nie, het groot insig,+maar die een wat ongeduldig is, wys hoe dwaas hy is.+ 30  ’n Kalm hart beteken lewe* vir die liggaam,maar jaloesie vreet ’n mens op.*+ 31  Die een wat die hulpeloses uitbuit, beledig sy Maker,+maar die een wat goedhartigheid betoon aan die armes, verheerlik Hom.+ 32  Die goddelose sal deur sy eie goddeloosheid tot ’n val kom,maar die regverdige se integriteit* sal vir hom ’n beskerming* wees.+ 33  Wysheid lê rustig in die hart van ’n verstandige persoon,+maar die dwase voel dat hulle dit moet bekend maak. 34  Regverdigheid bring eer vir ’n nasie,+maar sonde bring skande oor ’n volk. 35  ’n Kneg wat met insig optree, maak ’n koning bly,+maar ’n koning word woedend vir die een wat hom skandelik gedra.+

Voetnote

Of moontlik “mislei ander”.
Of “lag oor vergoeding vir”.
Lett. “bitterheid”.
Of “skuilplek”.
Of “gesondheid”.
Of “is verrotting vir die gebeente”.
Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Of “skuilplek”.