Hosea 3:1-5

  • Hosea koop sy ontroue vrou terug (1-3)

  • Israel sal na Jehovah terugkeer (4, 5)

3  Toe het Jehovah vir my gesê: “Gaan weer, gaan na die vrou wat ’n ander man se liefde ontvang en wat egbreuk pleeg+ en wees lief vir haar, net soos Jehovah die Israeliete liefhet+ terwyl hulle ander gode aanbid+ en lief is vir rosynekoeke.”*  Toe het ek haar vir my gekoop vir 15 silwerstukke en een en ’n half homer* gars.  En ek het vir haar gesê: “Jy sal baie dae myne bly. Jy mag nie prostitusie* beoefen nie, en jy mag nie seksuele omgang met ’n ander man hê nie, en ek sal ook so teenoor jou optree.”*  Want die Israeliete sal vir ’n lang tyd nie ’n koning,+ leiers, offerandes, pilare of ’n efod+ en terafim-beelde*+ hê nie.  Daarna sal die Israeliete terugkom en Jehovah hulle God+ en Dawid hulle koning+ soek. En aan die einde van die dae sal hulle na Jehovah toe kom omdat hulle hom vrees en omdat hulle sy goedheid wil ontvang.+

Voetnote

D.w.s. rosynekoeke wat in valse aanbidding gebruik is.
’n Homer was gelyk aan 220 l. Sien Aanh. B14.
Of “onsedelikheid; seksuele losbandigheid”.
Of “ek sal nie seksuele omgang met jou hê nie”.
Of “huisgode; afgode”.