Hosea 12:1-14
12 “Eʹfraim voed homself met wind.
Hy sit die hele dag die oostewind agterna.
Hy laat leuens en geweld meer word.
Hulle maak ’n verbond met Assiʹrië+ en neem olie na Egipte.+
2 Jehovah het ’n regsaak teen Juda.+
Hy sal Jakob oordeel volgens sy optrede,en hy sal hom terugbetaal vir sy dade.+
3 In die baarmoeder het hy sy broer aan die hakskeen gegryp,+en met al sy krag het hy met God ’n stryd gevoer.+
4 Hy het met ’n engel bly stoei* en die oorhand gekry.
Hy het gehuil en hom gesmeek om hom te seën.”+
Hy het hom by Bet-El gevind, en daar het Hy met ons gepraat.+
5 Jehovah, die God van die leërmagte,+Jehovah is sy gedenknaam.*+
6 “Keer dus terug na jou God,+hou vas aan lojale liefde en geregtigheid+en hoop altyd op jou God.
7 Maar die handelaar het ’n bedrieglike weegskaal in sy hand.
Hy hou daarvan om te bedrieg.+
8 Eʹfraim bly sê: ‘Ja, ek het ryk geword.+
Ek het waardevolle dinge gevind.+
En in al my harde werk sal hulle niks vind wat verkeerd is of sonde is nie.’
9 Maar ek is Jehovah jou God van die tyd van Egipte af.+
Ek sal jou weer in tente laat woonsoos in die dae van ’n vasgestelde tyd.*
10 Ek het met die profete gepraat.+
Ek het hulle meer visioene laat sien,en ek het deur die profete gelykenisse gegee.
11 In Giʹlead was daar leuens en bedrog.*+
In Gilgal het hulle bulle geoffer,+en hulle altare is soos kliphope in die vore van landerye.+
12 Jakob het na die gebied van Aram* gevlug.+
Israel+ het daar gewerk om ’n vrou te kry,+hy het skape opgepas om ’n vrou te kry.+
13 Deur ’n profeet het Jehovah Israel uit Egipte gebring,+en deur ’n profeet is hy opgepas.+
14 Eʹfraim het God grootliks aanstoot gegee.+
Hy bly bloedskuldig.
Sy Heer sal hom terugbetaal vir die skande wat hy oor Hom gebring het.”+
Voetnote
^ Of “worstel”.
^ Of “is die naam waarmee hy onthou word”.
^ Of moontlik “’n fees”.
^ Of “die bonatuurlike; towery”.
^ Of “Sirië”.