Hosea 10:1-15
10 “Israel is ’n slegte wingerdstok* wat sy vrugte dra.+
Hoe meer vrugte hy dra, hoe meer altare maak hy.+
Hoe groter sy land se oeste is, hoe mooier maak hy sy heilige pilare.+
2 Hulle hart is skynheilig.*
Nou sal hulle skuldig bevind word.
Daar is iemand wat hulle altare sal afbreek en hulle pilare sal vernietig.
3 Nou sal hulle sê: ‘Ons het nie ’n koning nie,+ want ons het Jehovah nie gevrees nie.
En wat sou ’n koning vir ons kon doen?’
4 Leë woorde kom uit hulle mond, hulle lê valse ede af+ en maak verbonde.
Die oordele wat hulle in ’n regsaak lewer, is soos giftige onkruid in die vore van landerye.+
5 Die inwoners van Samariʹa sal besorg wees oor die afgodskalf van Bet-Awen.+
Die volk sal oor hom treur,en so ook die priesters van vreemde gode wat bly was oor hom en sy heerlikheid,want hy sal van hulle weggeneem word en in ballingskap gaan.
6 Dit sal na Assiʹrië gebring word as ’n geskenk vir ’n groot koning.+
Eʹfraim sal verneder word,en Israel sal skaam kry weens die raad wat hy gevolg het.+
7 Samariʹa en haar koning sal beslis aan hulle einde kom,*+soos ’n afgebreekte takkie op die water.
8 Die offerhoogtes van Bet-Awen,+ waar Israel gesondig het,+ sal vernietig word.+
Dorings en dissels sal op hulle altare groei.+
Mense sal vir die berge sê: ‘Bedek ons!’
en vir die heuwels: ‘Val op ons!’+
9 Sedert die dae van Giʹbea het jy gesondig,+ o Israel.
Daar het hulle aanhou sondig.
In Giʹbea het oorlog nie die kinders van onregverdigheid heeltemal vernietig nie.*
10 Ek sal hulle ook dissiplineer wanneer ek wil.
En volke sal beslis teen hulle bymekaargebring word
wanneer hulle twee oortredings aan hulle vasgebind word.*
11 Eʹfraim was ’n opgeleide jong koei wat daarvan gehou het om graan te dors.
Daarom het ek haar mooi nek gespaar.
Nou sal ek iemand op Eʹfraim laat ry.*+
Juda sal ploeg. Jakob sal die grond gelykmaak.
12 Saai vir julle saad in regverdigheid en oes lojale liefde.
Ploeg vir julle bewerkbare grond+terwyl daar nog tyd is om Jehovah te soek,+totdat hy kom en julle in regverdigheid onderrig.+
13 Maar julle het goddeloosheid geploeg.
Julle het onregverdigheid geoes+en die vrug van bedrog geëet.
Want julle het op julleself vertrou,op julle groot aantal vegters.
14 Oorlogsgeraas sal teen jou volk kom,en al jou versterkte stede sal verwoes word,+soos die verwoesting deur Salman van die huis van Arbel,op die dag van oorlog toe ma’s saam met hulle kinders verpletter is.
15 Dit is wat met jou sal gebeur, o Bet-El,+ weens jou groot goddeloosheid.
Met dagbreek sal die koning van Israel beslis aan sy einde kom.”*+
Voetnote
^ Of moontlik “’n wingerdstok wat uitsprei”.
^ Of “glibberig; glad”.
^ Lett. “stilgemaak word”.
^ Of “ingehaal nie”.
^ D.w.s. wanneer hulle hulle straf dra soos ’n juk.
^ Of “Nou sal ek Efraim inspan”.
^ Lett. “stilgemaak word”.