Hosea 6:1-11
6 “Kom, en laat ons na Jehovah terugkeer,want hy het ons verskeur,+ maar hy sal ons genees.
Hy het ons geslaan, maar hy sal ons wonde verbind.
2 Hy sal ons ná twee dae lewend maak.
Op die derde dag sal hy ons laat opstaan,en ons sal voor hom lewe.
3 Ons sal Jehovah ken, ons sal alles in ons vermoë doen om hom te leer ken.
Sy koms is so seker soos die sonsopkoms.
Hy sal soos ’n stortreën na ons toe kom,soos ’n lentereën wat die aarde natmaak.”
4 “Wat moet ek met jou doen, Eʹfraim?
Wat moet ek met jou doen, Juda?
Want julle lojale liefde is soos die oggendwolke,soos die dou wat gou verdwyn.
5 Daarom sal ek hulle deur middel van my profete afkap.+
Ek sal hulle met die woorde van my mond doodmaak.+
En die oordele oor jou sal skyn soos die lig.+
6 Want ek is liewer vir lojale liefde* as vir offerandesen vir die kennis van God as vir heelbrandoffers.+
7 Maar hulle het, soos blote mense, die verbond verbreek.+
Daar het hulle ontrou aan my geword.
8 Giʹlead is ’n stad vol slegte mense,+’n stad vol bloed.+
9 Die groep priesters is soos rowerbendes wat mense voorlê.
Hulle pleeg moord op die pad na Sigem,+want hulle gedrag is skandelik.
10 Ek het iets aakligs in die huis van Israel gesien.
Eʹfraim beoefen daar prostitusie.+
Israel het homself onrein gemaak.+
11 En vir jou, o Juda, is ’n oes vasgestel,wanneer ek die gevangenes van my volk laat terugkeer.”+
Voetnote
^ Of “genade”.