’n Openbaring aan Johannes 2:1-29

2  “Skryf aan die engel+ van die gemeente in Efeʹse:+ Hierdie dinge sê hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, hy wat tussen die sewe goue lampstaanders+ loop:  ‘Ek ken jou dade en jou harde werk en jou volharding. Ek weet dat jy slegte mense nie kan verdra nie en dat jy dié getoets het wat sê dat hulle apostels+ is maar eintlik nie is nie, en jy het gevind dat hulle leuenaars is.  Jy volhard, en jy het ter wille van my naam+ uitgehou en nie moeg geword nie.+  Maar ek het dít teen jou: Jy het die liefde verloor wat jy eers gehad het.  “‘Onthou dan waarvandaan jy geval het en toon berou+ en doen wat jy voorheen gedoen het. Anders sal ek na jou toe kom en jou lampstaander+ van sy plek verwyder, tensy jy berou toon.+  Maar dít tel in jou guns: Jy haat die dade van die sekte van Nikolaʹus,+ en ek haat dit ook.  Laat die een wat ore het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê:+ Ek sal die een wat oorwin,+ toelaat om van die boom van die lewe te eet,+ wat in die paradys van God is.’  “En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: Hierdie dinge sê hy, ‘die Eerste en die Laaste’,+ wat doodgegaan het en weer lewend geword het:+  ‘Ek weet dat jy swaarkry en arm is, maar jy is ryk.+ Ek weet van die lastering deur dié wat sê dat hulle Jode is en eintlik nie is nie, maar hulle is ’n sinagoge van Satan.+ 10  Moenie bang wees vir die dinge wat jy binnekort gaan ly nie.+ Kyk! Die Duiwel sal aanhou om party van julle in die tronk te gooi sodat julle ten volle getoets kan word, en julle sal tien dae lank ly. Bewys dat jy getrou is, selfs tot die dood toe, en ek sal jou die kroon van die lewe gee.+ 11  Laat die een wat ore het, hoor+ wat die gees vir die gemeentes sê: Die een wat oorwin,+ sal glad nie die tweede dood ondervind nie.’+ 12  “Skryf aan die engel van die gemeente in Perʹgamum: Hierdie dinge sê hy wat die skerp, lang, tweesnydende swaard het:+ 13  ‘Ek weet waar jy woon, daar waar die troon van Satan is, en tog hou jy vas aan my naam,+ en jy het jou geloof in my behou,+ selfs in die tyd van Anʹtipas, my getroue getuie+ wat daar by julle doodgemaak is,+ daar waar Satan woon. 14  “‘Maar ek het ’n paar dinge teen jou: Daar is party by jou wat vashou aan die leringe van Biʹleam,+ wat vir Balak+ geleer het om ’n struikelblok voor die Israeliete te lê, om afgodsoffers te eet en om seksuele onsedelikheid* te pleeg.+ 15  Net so is daar ook by jou dié wat vashou aan die leringe van die sekte van Nikolaʹus.+ 16  Toon dan berou. As jy dit nie doen nie, kom ek gou na jou toe, en ek sal met die lang swaard van my mond teen hulle oorlog voer.+ 17  “‘Laat die een wat ore het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê:+ Aan die een wat oorwin,+ sal ek van die weggesteekte manna+ gee, en ek sal hom ’n wit klippie gee, en op die klippie is ’n nuwe naam geskryf wat niemand ken nie, behalwe die een wat dit ontvang.’ 18  “Skryf aan die engel van die gemeente in Tiatiʹra:+ Hierdie dinge sê die Seun van God, die een wat oë het soos ’n vuurvlam+ en wie se voete soos suiwer koper is:+ 19  ‘Ek ken jou dade en jou liefde en geloof en bediening en volharding en weet dat jou dade in die laaste tyd meer is as dié wat jy vroeër gedoen het. 20  “‘Maar ek het dít teen jou: Jy doen niks omtrent daardie vrou Iseʹbel+ nie. Sy noem haarself ’n profetes, en sy leer en mislei my slawe om seksuele onsedelikheid*+ te pleeg en om afgodsoffers te eet. 21  En ek het haar tyd gegee om berou te toon, maar sy wil nie berou toon oor haar seksuele onsedelikheid* nie. 22  Kyk! Ek staan op die punt om haar siek te maak en om groot swaarkry te bring oor dié wat met haar egbreuk pleeg, tensy hulle berou toon oor wat sy gedoen het. 23  En ek sal haar kinders met dodelike plae doodmaak, sodat al die gemeentes sal weet dat dit ek is wat die diepste gedagtes* en harte deursoek, en ek sal aan elkeen van julle gee volgens wat julle gedoen het.+ 24  “‘Ek sê egter vir die res van julle wat in Tiatiʹra is, almal wat nie hierdie lering volg nie, dié wat nie die sogenaamde “diep dinge van Satan”+ leer ken het nie: Ek lê geen ander las op julle nie. 25  Hou net vas aan wat julle het totdat ek kom.+ 26  En aan die een wat oorwin en my dade tot die einde toe navolg, sal ek gesag oor die nasies gee,+ 27  net soos ek gesag van my Vader ontvang het. Hierdie persoon sal met ’n ysterstaf as herder teenoor die mense optree+ en hulle soos kleivoorwerpe in stukke breek. 28  En ek sal hom die môrester+ gee. 29  Laat die een wat ore het, hoor wat die gees vir die gemeentes sê.’

Voetnote

Grieks: por·neiʹa. Sien Woordelys.
Of “diepste emosies”. Lett. “niere”.