’n Openbaring aan Johannes 15:1-8

  • Sewe engele met sewe plae (1-8)

    • Lied van Moses en van die Lam (3, 4)

15  En ek het in die hemel ’n ander teken gesien, groot en wonderlik: sewe engele+ met sewe plae. Dit is die laastes, want deur middel daarvan word die woede van God tot ’n einde gebring.+ 2  En ek het iets gesien wat gelyk het soos ’n see van glas+ wat met vuur gemeng is, en dié wat die wilde dier en sy beeld+ en die getal van sy naam+ oorwin het,+ het by die see van glas gestaan en harpe van God vasgehou. 3  Hulle het die lied van Moses,+ die slaaf van God, en die lied van die Lam+ gesing en gesê: “Groot en wonderlik is u werke,+ Jehovah* God, die Almagtige.+ U is regverdig en betroubaar in alles wat u doen,+ Koning van die ewigheid.+ 4  Wie sal u nie werklik vrees nie, Jehovah,* en u naam nie verheerlik nie? Want u alleen is lojaal.+ Al die nasies sal kom en voor u aanbid+ omdat u regverdige oordele geopenbaar is.” 5  Daarna het ek gesien dat die heiligdom van die tent van die getuienis+ in die hemel oopgemaak is,+ 6  en die sewe engele met die sewe plae+ het uit die heiligdom uitgekom, en hulle het skoon, blink linne aangehad met goue bande om hulle bors. 7  Een van die vier lewende wesens het vir die sewe engele sewe goue bakke gegee, wat vol was van die woede van God,+ wat vir ewig en altyd lewe. 8  En die heiligdom het vol rook geword weens die heerlikheid van God+ en weens sy krag, en niemand kon in die heiligdom ingaan totdat die sewe plae+ van die sewe engele verby was nie.

Voetnote