Eksodus 32:1-35

  • Aanbidding van goue kalf (1-35)

    • Moses hoor vreemde singery (17, 18)

    • Moses gooi kliptablette stukkend (19)

    • Leviete lojaal aan Jehovah (26-29)

32  Intussen het die volk gesien dat Moses lank neem om van die berg+ af te kom. Daarom het die volk om Aäron bymekaargekom en vir hom gesê: “Maak vir ons ’n god wat voor ons uit sal gaan,+ want ons weet nie wat geword het van hierdie Moses, die man wat ons uit Egipte uitgelei het nie.”  Aäron het vir hulle gesê: “Haal die goue oorringe+ van julle vrouens, julle seuns en julle dogters se ore af, en bring dit na my toe.”  Toe het die hele volk die goue oorringe wat aan hulle ore was, afgehaal en dit na Aäron toe gebring.  Daarna het hy die goud by hulle geneem, en hy het dit met ’n beitel gevorm en ’n beeld van ’n kalf+ daarvan gemaak. Hulle het begin sê: “Dít is julle God, o Israel, wat julle uit Egipte uitgelei het.”+  Toe Aäron dit sien, het hy ’n altaar voor die beeld gebou. Aäron het toe uitgeroep: “Môre is daar ’n fees vir Jehovah.”  En hulle het die volgende dag vroeg opgestaan en brandoffers begin offer en vrede-offers* begin aanbied. Daarna het die volk gaan sit om te eet en te drink. Toe het hulle opgestaan om fees te vier.+  Jehovah het toe vir Moses gesê: “Gaan, klim af, want jou volk, wat jy uit Egipte uitgelei het, het goddeloos opgetree.+  Hulle het gou van die weg afgewyk wat ek hulle beveel het om te volg.+ Hulle het vir hulle ’n beeld van ’n kalf gemaak, en hulle hou aan om daarvoor neer te buig en daaraan offerandes te bring en te sê: ‘Dít is julle God, o Israel, wat julle uit Egipte uitgelei het.’”  Jehovah het verder vir Moses gesê: “Ek het gesien dat hierdie volk ’n hardkoppige volk is.+ 10  Moet my nie probeer keer nie. Laat ek hulle vernietig, want ek is woedend, en laat ek jou ’n groot nasie maak.”+ 11  Toe het Moses by Jehovah sy God gepleit*+ en gevra: “Hoekom, o Jehovah, sou u u woede oor u volk uitstort nadat u hulle met groot krag en met ’n sterk hand uit Egipte uitgelei het?+ 12  Want dan sal die Egiptenare sê: ‘Hy het hulle met slegte bedoelings uitgelei. Hy wou hulle tussen die berge doodmaak en hulle van die oppervlak van die aarde af uitroei.’+ Laat u brandende woede bedaar en heroorweeg* u besluit om hierdie rampspoed oor u volk te bring. 13  Dink aan u knegte Abraham, Isak en Israel, vir wie u by uself gesweer het en gesê het: ‘Ek sal julle nageslag* vermeerder soos die sterre van die hemel,+ en ek sal hierdie hele land wat ek vir julle nageslag* uitgekies het, aan hulle gee, sodat hulle dit as ’n permanente besitting kan neem.’”+ 14  Jehovah het dus sy besluit heroorweeg* en het nie die rampspoed waarvan hy gepraat het, oor sy volk gebring nie.+ 15  Moses het toe omgedraai en teen die berg afgeklim met die twee tablette van die Getuienis+ in sy hande.+ Daar was op albei kante van die tablette geskryf, aan die voorkant en aan die agterkant. 16  Die tablette was die werk van God, en die skrif wat op die tablette gegraveer was, was die skrif van God.+ 17  Toe Josua die geraas van die volk begin hoor omdat hulle so geskree het, het hy vir Moses gesê: “Dit klink of daar oorlog in die kamp is.” 18  Maar Moses het gesê: “Dit klink nie soos ’n oorwinningslied nie,en dit klink nie soos ’n gehuil omdat hulle ’n geveg verloor het nie. Dit is ’n ander soort singery wat ek hoor.” 19  Toe Moses naby die kamp kom en die kalf+ en die danse sien, het hy woedend geword, en hy het die tablette aan die voet van die berg stukkend gegooi.+ 20  Hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het en dit met vuur verbrand en dit fyngemaal totdat dit poeier was.+ Toe het hy dit in die water gegooi en die Israeliete dit laat drink.+ 21  En Moses het vir Aäron gevra: “Wat het hierdie volk aan jou gedoen dat jy so ’n groot sonde oor hulle gebring het?” 22  Aäron het geantwoord: “Moenie woedend wees nie, my heer. Jy weet goed dat die volk geneig is om te doen wat sleg is.+ 23  Hulle het vir my gesê: ‘Maak vir ons ’n god wat voor ons uit sal gaan, want ons weet nie wat geword het van hierdie Moses, die man wat ons uit Egipte uitgelei het nie.’+ 24  Daarom het ek vir hulle gesê: ‘Enigiemand wat goud het, moet dit afhaal en vir my gee.’ Toe het ek dit in die vuur gegooi, en hierdie kalf het uitgekom.” 25  Moses het gesien dat die volk handuit geruk het, omdat Aäron dit toegelaat het, en hulle het hulle skandelik gedra voor hulle teenstanders. 26  Toe het Moses by die ingang van die kamp gaan staan en gesê: “Wie is aan Jehovah se kant? Kom na my toe!”+ En al die Leviete het om hom bymekaargekom. 27  Hy het toe vir hulle gesê: “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, gesê het: ‘Elkeen van julle moet sy swaard neem en deur die hele kamp gaan, van ingang tot ingang, en sy broer, sy buurman en sy vriend doodmaak.’”+ 28  Die Leviete het gedoen wat Moses gesê het. Sowat 3 000 mans is dus op daardie dag doodgemaak. 29  Toe het Moses gesê: “Sonder julle vandag af* vir Jehovah, want elkeen van julle het teen sy eie seun en sy eie broer opgetree.+ Vandag sal hy julle seën.”+ 30  Die volgende dag het Moses vir die volk gesê: “Julle het ’n baie groot sonde gepleeg, en nou sal ek na Jehovah toe opklim om te sien of ek vir julle sonde versoening kan doen.”+ 31  Daarna het Moses na Jehovah toe teruggekeer en gesê: “Hierdie volk het ’n baie groot sonde gepleeg! Hulle het vir hulle ’n god van goud gemaak!+ 32  As u wil, vergewe asseblief hulle sonde.+ Maar as u nie wil nie, wis my dan asseblief uit u boek uit wat u geskryf het.”+ 33  Maar Jehovah het vir Moses gesê: “Slegs die persoon wat teen my gesondig het, sal ek uit my boek uitwis. 34  Gaan dan nou, lei die volk na die plek waarvan ek met jou gepraat het. My engel sal voor jou uit gaan,+ en op die dag waarop ek rekenskap eis, sal ek hulle straf vir hulle sonde.” 35  Toe het Jehovah die volk met ’n plaag begin tref omdat hulle die kalf gemaak het – die kalf wat Aäron gemaak het.

Voetnote

Of “gemeenskapsoffers”.
Of “die aangesig van Jehovah sy God versag”.
Of “voel spyt oor”.
Lett. “saad”.
Lett. “saad”.
Of “Jehovah het dus spyt gevoel oor sy besluit”.
Lett. “Vul julle hand vandag”.