Eksodus 16:1-36

  • Volk kla oor kos (1-3)

  • Jehovah hoor hoe volk kla (4-12)

  • Kwartels en manna voorsien (13-21)

  • Geen manna op Sabbat (22-30)

  • Manna bewaar as herinnering (31-36)

16  Nadat die hele gemeenskap van Israel uit Elim vertrek het, het hulle uiteindelik in die wildernis Sin+ gekom, wat tussen Elim en Siʹnai is. Dit was die 15de dag van die tweede maand nadat hulle Egipte verlaat het.  Toe het die hele gemeenskap van Israel in die wildernis teen Moses en Aäron begin kla.+  Die Israeliete het vir hulle bly sê: “As ons maar deur Jehovah se hand in Egipte gesterf het, terwyl ons by die vleispotte+ gesit het, terwyl ons brood geëet het totdat ons versadig was. Nou het julle ons na hierdie wildernis uitgelei om hierdie hele gemeente van honger te laat sterf.”+  Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Kyk, ek laat vir julle brood uit die hemel reën,+ en elkeen moet uitgaan en sy daaglikse deel optel,+ sodat ek hulle kan toets om te sien of hulle my wet sal volg of nie.+  Maar wanneer hulle op die sesde dag+ voorberei wat hulle bymekaargemaak het, moet dit dubbel soveel wees as wat hulle op elkeen van die ander dae optel.”+  Toe het Moses en Aäron vir al die Israeliete gesê: “Vanaand sal julle beslis weet dat dit Jehovah is wat julle uit Egipte uitgelei het.+  Môreoggend sal julle Jehovah se heerlikheid sien, want hy het gehoor hoe julle teen Jehovah kla. Wie is ons dat julle teen ons sou kla?”  Moses het verder gesê: “Wanneer Jehovah julle in die aand vleis gee en in die oggend brood gee totdat julle versadig is, sal julle sien dat Jehovah gehoor het hoe julle teen hom kla. Maar wie is ons? Julle kla nie teen ons nie, maar teen Jehovah.”+  Toe het Moses vir Aäron gesê: “Sê vir die hele gemeenskap van Israel: ‘Kom nader voor Jehovah, want hy het gehoor hoe julle kla.’”+ 10  En onmiddellik nadat Aäron met die hele gemeenskap van Israel gepraat het, het hulle na die wildernis toe gedraai, en kyk! Jehovah se heerlikheid het in die wolk verskyn.+ 11  Jehovah het verder vir Moses gesê: 12  “Ek het gehoor hoe die Israeliete kla.+ Sê vir hulle: ‘Wanneer dit skemer word,* sal julle vleis eet, en in die oggend sal julle brood eet totdat julle versadig is,+ en julle sal beslis weet dat ek Jehovah julle God is.’”+ 13  Daardie aand het kwartels gekom en die kamp bedek,+ en in die oggend was daar ’n doulaag rondom die kamp. 14  Nadat die doulaag verdamp het, was die wildernis bedek met ’n lagie fyn vlokkies,+ so fyn soos ryp op die grond. 15  Toe die Israeliete dit sien, het hulle vir mekaar gevra: “Wat is dit?” Want hulle het nie geweet wat dit is nie. Moses het vir hulle gesê: “Dit is die brood wat Jehovah julle gegee het om te eet.+ 16  Dít is wat Jehovah beveel het: ‘Elkeen moet soveel bymekaarmaak as wat hy nodig het. Julle moet ’n gomer*+ vir elke persoon neem volgens die aantal mense* wat elkeen van julle in sy tent het.’” 17  Die Israeliete het dit begin doen. Party het baie bymekaargemaak en ander het min bymekaargemaak. 18  Wanneer hulle dit met die gomer gemeet het, het die persoon wat baie bymekaargemaak het, nie te veel gehad nie en het die persoon wat min bymekaargemaak het, nie te min gehad nie.+ Elkeen van hulle het opgetel wat hy nodig gehad het. 19  Toe het Moses vir hulle gesê: “Niemand moet daarvan laat oorbly tot die oggend toe nie.”+ 20  Maar hulle het nie na Moses geluister nie. Toe party mense van die manna tot die oggend toe laat oorbly het, het dit wurms voortgebring en gestink, en Moses het kwaad geword vir hulle. 21  Elkeen van hulle het oggend ná oggend opgetel wat hy nodig gehad het. Wanneer die son warm geword het, het dit gesmelt. 22  Op die sesde dag het hulle twee keer soveel brood opgetel,+ twee gomers vir elke persoon. Toe het al die hoofmanne van die gemeenskap gekom en dit vir Moses vertel. 23  Hy het vir hulle gesê: “Dít is wat Jehovah gesê het: ‘Môre sal ’n spesiale rusdag* wees, ’n heilige sabbat vir Jehovah.+ Bak wat julle nodig het en kook wat julle nodig het.+ Bêre dan alles wat oorbly en hou dit tot die oggend toe.’” 24  Hulle het dit dus tot die oggend toe gebêre, net soos Moses beveel het, en dit het nie gestink nie, en daar was ook nie wurms daarin nie. 25  Toe het Moses gesê: “Eet dit vandag, want vandag is ’n sabbat vir Jehovah. Vandag sal julle dit nie op die grond vind nie. 26  Julle sal dit ses dae optel, maar op die sewende dag, die Sabbat,+ sal daar niks wees nie.” 27  Maar op die sewende dag het party van die volk tog uitgegaan om dit op te tel, maar hulle het niks gevind nie. 28  Jehovah het toe vir Moses gevra: “Hoe lank gaan julle weier om my gebooie en my wette te gehoorsaam?+ 29  Moenie vergeet dat Jehovah julle die Sabbat gegee het nie.+ Daarom gee hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Elkeen moet bly waar hy is. Op die sewende dag mag niemand sy woonplek verlaat nie.” 30  Die volk het dus op die sewende dag die Sabbat gehou.*+ 31  Die huis van Israel het die brood “manna”* genoem. Dit was wit soos koljandersaad, en dit het gesmaak soos plat brode met heuning.+ 32  Toe het Moses gesê: “Dít is wat Jehovah beveel het: ‘Neem ’n gomer daarvan as iets wat in al julle geslagte bewaar moet word,+ sodat hulle die brood kan sien wat ek julle in die wildernis gegee het om te eet toe ek julle uit Egipte uitgelei het.’” 33  Toe het Moses vir Aäron gesê: “Neem ’n kruik en plaas ’n gomer manna daarin en sit dit voor Jehovah neer as iets wat in al julle geslagte bewaar moet word.”+ 34  Net soos Jehovah Moses beveel het, het Aäron dit voor die Getuienis+ gesit sodat dit bewaar kon word. 35  Die Israeliete het die manna 40 jaar lank geëet,+ totdat hulle in ’n land gekom het wat bewoon is.+ Hulle het die manna geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaän gekom het.+ 36  ’n Gomer is ’n tiende van ’n efa.*

Voetnote

Lett. “Tussen die twee aande”.
Omtrent 2,2 l. Sien Aanh. B14.
Of “siele”.
Of “sabbatsviering”.
Of “op die sewende dag gerus”.
Kom waarskynlik van die Hebreeuse uitdrukking “Wat is dit?”
’n Efa was gelyk aan 22 l. Sien Aanh. B14.