Prediker 6:1-12

  • Besittings, maar dit word nie geniet nie (1-6)

  • Geniet wat jy nou het (7-12)

6  Ek het nog iets onder die son gesien wat tragies is, en dit kom dikwels onder die mensdom voor:  Die ware God gee vir ’n man rykdom en materiële besittings en eer sodat hy alles het wat hy begeer, en tog stel die ware God hom nie in staat om dit te geniet nie. ’n Vreemdeling geniet dit dalk. Dit is nutteloos en ’n groot tragedie.  As ’n man ’n honderd keer pa word en hy baie jare lewe en oud word, maar nie sy goeie dinge geniet voordat hy sterf nie, dan sê ek: ’n Doodgebore baba is beter af as hy.+  Want so ’n baba het tevergeefs gekom en in die duisternis verdwyn, en sy naam is met duisternis bedek.  Al het hy nooit die son gesien en niks geweet nie, is hy nog steeds beter af as daardie man.+  Wat help dit om ’n duisend jaar, ja, selfs tweeduisend jaar, te lewe en niks te geniet nie? Gaan almal nie na dieselfde plek nie?+  ’n Mens werk hard net om sy maag te vul,+ maar hy word nooit versadig nie.  Want watter voordeel het die wyse bo die dwaas?+ Of wat help dit as ’n arm man weet hoe om te oorleef?  Dit is beter om te geniet wat jou oë kan sien as om agter jou begeertes aan te loop. Dit is ook nutteloos, ’n gejaag na wind. 10  Alles wat bestaan, het reeds ’n naam gekry. En dit is bekend wat die mens is. Hy kan nie stry met* die een wat magtiger is as hy nie. 11  Hoe meer woorde,* hoe nutteloser is dit. En watter voordeel hou dit vir die mens in? 12  Wie weet wat die beste ding is vir ’n mens om te doen gedurende sy kort* lewe, wat soos ’n skaduwee verbygaan?+ Want wie kan vir hom sê wat ná sy dood onder die son sal gebeur?

Voetnote

Of “sy saak bepleit by”.
Of moontlik “dinge”.
Of “nuttelose”.