Prediker 10:1-20

  • Bietjie dwaasheid bederf wysheid (1)

  • Gevare van onbekwaamheid (2-11)

  • Treurige toestand van dwase (12-15)

  • Dwaasheid onder heersers (16-20)

    • Voël kan oorvertel wat gesê is (20)

10  Net soos dooie vlieë lekkerruik-olie laat stink en borrel, so bederf ’n bietjie dwaasheid wysheid en eer.+  Die hart van die wyse lei hom op die regte weg, maar die hart van die dwaas lei hom op die verkeerde weg.+  Dit maak nie saak watter weg ’n dwaas volg nie, hy is onverstandig,+ en hy wys vir almal dat hy ’n dwaas is.+  As ’n heerser vir jou woedend word, moet jy nie jou plek verlaat nie,+ want kalmte versag groot sondes.+  Daar is iets ontstellends wat ek onder die son gesien het, ’n fout wat dié maak wat gesag het:+  Dwase kry hoë posisies, maar die rykes* bly in lae posisies.  Ek het knegte op perde gesien, maar leiers wat soos knegte te voet loop.+  Die een wat ’n put grawe, kan daarin val.+ En die een wat deur ’n klipmuur breek, kan deur ’n slang gebyt word.  Die een wat klippe uitkap, kan seerkry. En die een wat hout kap, kan beseer word.* 10  As ’n byl stomp is en ’n mens dit nie slyp nie, moet jy baie krag gebruik. Maar wysheid help jou om suksesvol te wees. 11  As die slang byt voordat hy besweer is, dan is daar geen voordeel vir die vaardige slangbesweerder* nie. 12  Die woorde uit die mond van die wyse verkry vir hom goedkeuring,+ maar die lippe van die dwaas lei tot sy ondergang.+ 13  Die eerste woorde uit sy mond is dwaasheid,+ en sy laaste woorde is malligheid wat tot rampspoed lei. 14  Maar die dwaas hou aan om te praat.+ Die mens weet nie wat sal gebeur nie. Hoe kan iemand dan vir hom sê wat ná hom sal gebeur?+ 15  Die harde werk van die dwaas maak hom moeg, want hy weet nie eers hoe om by die stad uit te kom nie. 16  Dit is verskriklik vir ’n land as die koning ’n seun is+ en as die leiers reeds in die oggend begin feesvier! 17  Gelukkig is die land as die koning uit ’n belangrike familie kom en as die leiers op die regte tyd eet en drink om hulle te versterk, nie om dronk te word nie!+ 18  Weens groot luiheid sak die dakbalke in, en weens slap hande lek die huis.+ 19  Kos bring plesier, en wyn maak die lewe aangenaam,+ maar geld voorsien in alle behoeftes.+ 20  Moenie die koning vervloek nie,+ selfs nie in jou gedagtes* nie, en moenie die rykes in jou slaapkamer vervloek nie, want die voëls kan dit* oorvertel, hulle* kan herhaal wat gesê is.

Voetnote

Of “bekwames”.
Of moontlik “moet versigtig daarmee werk”.
Lett. “die meester van die tong”.
Of moontlik “op jou bed”.
Of “die boodskap”.
Lett. “iets wat vlerke het”.