Prediker 2:1-26

  • Salomo se projekte (1-11)

  • Mens se wysheid van min waarde (12-16)

  • Nutteloosheid van harde werk (17-23)

  • Eet, drink en geniet werk (24-26)

2  Toe het ek in my hart gesê: “Laat ek plesier soek en kyk of dit iets goeds inhou.” Maar dit was ook nutteloos.   Ek het oor gelag gesê: “Dit is dwaasheid!” en oor plesier: “Watter nut het dit?”  Ek het ondersoek of dit iets goeds inhou om wyn te geniet,+ terwyl ek my nog steeds deur wysheid laat lei het. Ek het selfs dwaasheid op die proef gestel om uit te vind wat die beste ding is vir mense om te doen gedurende die kort tydjie wat hulle op die aarde lewe.  Ek het groot dinge aangepak.+ Ek het vir my huise gebou+ en vir my wingerde geplant.+  Ek het vir my tuine en parke gemaak, en ek het allerhande vrugtebome daarin geplant.  Ek het vir my damme gemaak sodat ek die jong bome in my plantasie* kon natlei.  Ek het diensknegte en diensmeisies gekry.+ En hulle kinders wat in my huis gebore is, het ook my knegte geword. Ek het ook baie vee gekry – beeste, skape en bokke+ – meer as enigiemand wat voor my in Jerusalem gelewe het.  Ek het silwer en goud bymekaargemaak,+ die skatte van* konings en van provinsies.+ Ek het vir my sangers en sangeresse gekry, sowel as dit wat die mens baie plesier gee – ’n vrou, ja, baie vrouens.  Ek het magtig geword en almal oortref wat voor my in Jerusalem was.+ En ek het my wysheid behou. 10  Alles wat ek begeer het, het ek vir my gekry.+ Ek het my nie teruggehou van enige plesier nie, want ek het vreugde gevind in al my harde werk, en dit was my beloning vir al my harde werk.+ 11  Maar toe ek nagedink het oor alles wat ek gedoen het en oor al my harde werk,+ het ek gesien dat alles nutteloos was, ’n gejaag na wind.+ Daar was niks onder die son wat werklik waarde gehad het nie.+ 12  Toe het ek weer nagedink oor wysheid en malligheid en dwaasheid.+ (Want wat kan die mens doen wat ná die koning kom? Net wat reeds gedoen is.) 13  En ek het gesien dat wysheid beter is as dwaasheid,+ net soos die lig beter is as die duisternis. 14  Die wyse se oë is oop,+ maar die dwaas is in die duisternis.+ Ek het ook besef dat hulle albei dieselfde uiteinde het.+ 15  Toe het ek in my hart gesê: “Wat met die dwaas gebeur, sal ook met my gebeur.”+ Wat help dit dan dat ek baie wys geword het? Toe het ek in my hart gesê: “Dit is ook nutteloos.” 16  Want ’n wyse mens sal net so min onthou word as ’n dwaas.+ In die dae wat kom, sal almal vergeet word. En hoe sal die wyse sterf? Net soos die dwaas.+ 17  Ek het dus die lewe begin haat,+ want dit het vir my gelyk of alles wat onder die son gedoen word, frustrerend is. Alles was nutteloos,+ ’n gejaag na wind.+ 18  Ek het alles begin haat waarvoor ek so hard op die aarde gewerk het,+ want ek moet dit agterlaat vir die mens wat ná my kom.+ 19  En wie weet of hy wys of dwaas sal wees?+ Tog sal hy beheer oorneem oor al die dinge wat ek met groot moeite en wysheid onder die son verkry het. Dit is ook nutteloos. 20  Daarom het ek moedeloos begin voel toe ek dink aan al die harde werk wat ek op hierdie aarde gedoen het. 21  Want ’n mens werk hard en word gelei deur wysheid en kennis en vaardigheid, maar hy moet alles* oorgee aan iemand wat nie daarvoor gewerk het nie.+ Dit is ook nutteloos en baie tragies. 22  Wat kry ’n mens werklik vir al sy harde werk en sy ambisie wat hom dryf om hard te werk op hierdie aarde?+ 23  Want sy hele lewe lank bring sy bedrywighede pyn en frustrasie,+ en selfs in die nag kom sy hart nie tot rus nie.+ Dit is ook nutteloos. 24  Daar is niks beters vir ’n mens as om te eet en te drink en sy harde werk te geniet nie.+ Ek het besef dat dit ook van die ware God kom,+ 25  want wie eet en wie drink beter as ek?+ 26  Die ware God gee wysheid en kennis en vreugde aan die mens wat Sy goedkeuring het,+ maar aan die sondaar gee hy die werk om te versamel en bymekaar te maak net sodat hy dit kan gee aan die een wat Sy goedkeuring het.+ Dit is ook nutteloos, ’n gejaag na wind.

Voetnote

Of “bos”.
Of “eiendom soos dié van”.
Of “sy deel”.