Ester 10:1-3

  • Mordegai bekend en magtig (1-3)

10  Koning Ahasʹveros het die inwoners van die land en van die eilande van die see gedwing om vir hom te werk. 2  En al sy groot en kragtige prestasies sowel as die verslag met al die besonderhede van hoe hy Morʹdegai+ verheerlik het,+ is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae+ van die konings van Medië en Persië.+ 3  Net koning Ahasʹveros het ’n hoër posisie as die Jood Morʹdegai gehad. Morʹdegai was groot* onder die Jode, en hulle het hom gerespekteer, en hy het hard gewerk om goeie dinge vir sy volk te doen en om te sorg dat dit goed gaan met* al hulle nakomelinge.

Voetnote

^ Of “hooggeag”.
^ Lett. “en vrede gespreek vir”.