DEEL 6
Jesus se finale bediening
“Jou koning kom na jou toe.” – Matteus 21:5
IN HIERDIE GEDEELTE
HOOFSTUK 101
’n Ete by Simon se huis in Betanië
Maria, Lasarus se suster, doen iets wat ’n probleem veroorsaak, maar Jesus verdedig haar.
HOOFSTUK 102
Die Koning kom in Jerusalem aan op ’n jong donkie
Hy vervul ’n vyf-honderd-jaar-oue profesie.
HOOFSTUK 103
Die tempel word weer gereinig
Die handelaars in Jerusalem lyk asof hulle ’n wettige besigheid bedryf, hoekom noem Jesus hulle dan rowers?
HOOFSTUK 104
Die Jode hoor God se stem – Sal hulle wys dat hulle geloof het?
Is daar ’n verskil tussen om geloof in Jesus te stel en om volgens daardie geloof op te tree?
HOOFSTUK 105
Jesus gebruik ’n vyeboom om ’n les oor geloof te leer
Jesus leer sy dissipels oor die krag van geloof en verduidelik hoekom God die nasie Israel verwerp.
HOOFSTUK 106
Twee illustrasies oor wingerde
Wat beteken die illustrasie oor die man wat sy seuns gevra het om in die wingerd te werk en die illustrasie oor die man wat sy wingerd verhuur het aan slegte landbouers?
HOOFSTUK 107
’n Koning roep dié wat na ’n huweliksfees genooi is
Jesus se vergelyking is eintlik ’n profesie.
HOOFSTUK 108
Jesus laat nie toe dat hulle hom vasvra nie
Hy maak eers die Fariseërs stil, dan die Sadduseërs, en uiteindelik al sy teenstanders.
HOOFSTUK 109
Jesus veroordeel sy godsdiensteenstanders
Hoekom aanvaar Jesus nie die godsdiensleiers se leringe nie?
HOOFSTUK 110
Jesus se laaste dag by die tempel
Hy gebruik die voorbeeld van ’n arm weduwee om ander ’n kragtige les te leer.
HOOFSTUK 111
Die apostels vra vir ’n teken
Sy profesie word in die eerste eeu vervul. Maar kan dit ook ’n grotere vervulling later hê?
HOOFSTUK 112
’n Les oor waaksaamheid – Die maagde
Het Jesus bedoel dat die helfte van sy dissipels verstandig en die ander helfte onverstandig is?
HOOFSTUK 113
’n Les oor ywer – Die talente
Jesus se illustrasie verduidelik wat hy bedoel het toe hy gesê het: “Want as iemand het, sal meer aan hom gegee word.”
HOOFSTUK 114
Christus as Koning oordeel die skape en die bokke
In Jesus se illustrasie van die skape en die bokke verduidelik hy hoe mense in die toekoms geoordeel sal word.
HOOFSTUK 115
Jesus se laaste Pasga kom nader
Hoekom is dit interessant dat die godsdiensleiers instem om vir Judas presies 30 silwerstukke te gee om Jesus te verraai?
HOOFSTUK 116
’n Les in nederigheid by die laaste Pasga
Hy verbaas die apostels deur iets te doen wat ’n slaaf gewoonlik sou doen.
HOOFSTUK 117
Die Here se Aandmaal
Jesus stel ’n herdenking in wat sy volgelinge elke jaar op 14 Nisan moet hou.
HOOFSTUK 118
’n Stryery oor wie die grootste is
Die apostels het al klaar die les vergeet wat Jesus hulle vroeër daardie selfde aand geleer het.
HOOFSTUK 119
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Jesus leer sy apostels ’n belangrike waarheid oor hoe om God te nader.
HOOFSTUK 121
“Moenie bang wees nie! Ek het die wêreld oorwin”
Hoe het Jesus die wêreld oorwin as die wêreld hom doodgemaak het?
HOOFSTUK 122
Jesus se laaste gebed in die bo-kamer
Hy maak dit duidelik dat hy iets baie belangriker bereik het as die redding van die mensdom.
HOOFSTUK 123
Jesus bid terwyl hy verskriklik hartseer is
Hoekom bid Jesus: “Neem hierdie beker van my af weg”? Wil hy nie meer die een wees wat die losprys betaal nie?
HOOFSTUK 124
Christus word verraai en in hegtenis geneem
Judas kan vir Jesus kry al is dit in die middel van die nag.
HOOFSTUK 125
Jesus word na Annas en dan na Kajafas geneem
Jesus se verhoor is ’n bespotting van die gereg.
HOOFSTUK 126
Petrus sê dat hy Jesus nie ken nie
Hoe kon Petrus, ’n man met sterk geloof en wat toegewy is aan God, so vinnig sy rug op Jesus draai?
HOOFSTUK 128
Onskuldig bevind deur Pilatus en Herodes
Hoekom stuur Pilatus Jesus na Herodes om geoordeel te word? Het Pilatus nie die gesag om Jesus te oordeel nie?
HOOFSTUK 129
Pilatus roep uit: “Kyk! Hier is die man!”
Selfs Pilatus sien Jesus se pragtige eienskappe raak.
HOOFSTUK 130
Jesus word oorgelewer en weggelei om doodgemaak te word
Hoekom sê Jesus vir die vrouens wat oor hom huil om eerder oor hulleself en hulle kinders te huil?
HOOFSTUK 131
’n Onskuldige Koning word aan die paal gehang
Jesus maak ’n belofte aan een van die misdadigers wat langs hom aan die paal hang.
HOOFSTUK 132
“Hierdie man was beslis God se Seun”
Die ongewone donkerte in die middel van die dag, die verskriklike aardbewing en die tempelgordyn wat geskeur het, bewys alles een ding.
HOOFSTUK 134
’n Leë graf, want Jesus lewe!
Nadat Jesus opgewek is, verskyn hy eerstens aan ’n vrou eerder as aan sy apostels.
HOOFSTUK 135
Jesus verskyn aan baie mense ná sy opstanding
Hoe wys Jesus vir sy dissipels dat hy opgewek is?
HOOFSTUK 136
By die See van Galilea
Petrus word drie keer herinner hoe hy sy liefde vir Jesus kan wys.
HOOFSTUK 137
Honderde sien hom voor Pinkster
Vanaf Jesus se opstanding totdat hy hemel toe gaan, sê hy herhaaldelik vir sy dissipels wat hulle sou ontvang en hoe hulle dit moet gebruik.
HOOFSTUK 138
Christus aan God se regterhand
Wat sou Jesus doen terwyl hy wag om teen sy vyande te veg?
HOOFSTUK 139
Jesus maak die aarde ’n paradys en voltooi sy toewysing
Hy het nog baie om te doen voordat hy die Koninkryk aan sy God en Vader oorgee.

