DEEL 3
Jesus se groot bediening in Galilea
‘Jesus begin preek: “Die Koninkryk het naby gekom.”’ – Matteus 4:17
IN HIERDIE GEDEELTE
HOOFSTUK 21
By die sinagoge in Nasaret
Wat het Jesus gesê wat veroorsaak dat die mense van sy tuisdorp hom wil doodmaak?
HOOFSTUK 22
Vier dissipels sal vissers van mense wees
Hy nooi hulle om letterlike visvangs op te gee en vissers van mense te word.
HOOFSTUK 23
Jesus doen wonderwerke in Kapernaum
Wanneer Jesus demone uitdryf, keer hy dat die demone vir die mense sê dat hy die seun van God is. Hoekom?
HOOFSTUK 24
Jesus brei sy bediening in Galilea uit
Mense kom na Jesus toe om genees te word, maar Jesus verduidelik dat sy bediening eintlik ’n groter doel het.
HOOFSTUK 25
Medelye met ’n melaatse man
Jesus wys op ’n eenvoudige maar kragtige manier dat hy regtig omgee vir die mense wat hy genees.
HOOFSTUK 28
Hoekom vas Jesus se dissipels nie?
Jesus gebruik ’n illustrasie oor wynsakke om die antwoord te voorsien.
HOOFSTUK 29
Mag iemand op die Sabbat iets goeds doen vir ander?
Hoekom vervolg die Jode Jesus omdat hy ’n man genees het wat 38 jaar lank siek was?
HOOFSTUK 30
Jesus se verhouding met sy Vader
Die Jode dink dat Jesus homself aan God gelyk maak, maar Jesus maak dit duidelik dat hy aan God onderworpe is.
HOOFSTUK 32
Wat mag op die Sabbat gedoen word?
Die Sadduseërs en die Fariseërs, wat gewoonlik teen mekaar gekant is, verenig om ’n gesamentlike doelwit te bereik.
HOOFSTUK 33
Jesaja se profesie word vervul
Hoekom beveel Jesus dié wat hy genees, om nie vir ander te sê wie hy is of wat hy gedoen het nie?
HOOFSTUK 35
Die beroemde Bergpredikasie
Kry ’n verduideliking van die hoofpunte van Jesus se toespraak.
HOOFSTUK 36
’n Militêre offisier met groot geloof
Wat doen hierdie militêre offisier wat Jesus verbaas?
HOOFSTUK 37
Jesus wek ’n weduwee se seun op
Dié wat hierdie wonderwerk gesien het, het besef wat dit werklik beteken.
HOOFSTUK 38
Johannes wil van Jesus hoor
Hoekom vra Johannes die Doper of Jesus die Messias is? Het Johannes twyfelgedagtes?
HOOFSTUK 39
Dit sal sleg gaan met ’n hardkoppige geslag
Jesus sê dat dit op die Oordeelsdag beter sal gaan met die land Sodom as met Kapernaum, die stad waar hy dikwels gebly het.
HOOFSTUK 40
’n Les oor vergifnis
Jesus sê vir ’n vrou wat dalk ’n prostituut was, dat haar sondes vergewe is. Het hy bedoel dat dit reg is om God se wet te verbreek?
HOOFSTUK 43
Illustrasies oor die Koninkryk
Jesus vertel agt illustrasies om aspekte van die Koninkryk van die hemel te verduidelik.
HOOFSTUK 44
Jesus laat ’n storm op die see bedaar
Toe Jesus die wind en die golwe laat bedaar het, het hy iets belangriks geopenbaar omtrent die lewe onder sy toekomstige Koninkryksheerskappy.
HOOFSTUK 46
Genees deur aan Jesus se kleed te raak
Jesus toon sy krag en medelye tydens hierdie hartroerende gebeurtenis.
HOOFSTUK 47
’n Jong meisie lewe weer!
Mense lag Jesus uit wanneer hy sê dat ’n dooie meisie net slaap. Weet hy iets wat hulle nie weet nie?
HOOFSTUK 48
Selfs in Nasaret verwerp, ondanks wonderwerke
Die mense van Nasaret verwerp Jesus, maar nie as gevolg van sy leringe of sy wonderwerke nie.
HOOFSTUK 49
Jesus preek in Galilea en lei die apostels op
Wat is die werklike betekenis van die stelling ‘die Koninkryk van die hemel het naby gekom’?
HOOFSTUK 50
Voorbereid om te preek ondanks vervolging
As die apostels nie die dood moet vrees nie, hoekom sê Jesus dan dat hulle moet vlug wanneer hulle vervolg word?
HOOFSTUK 51
Moord gedurende ’n verjaarsdagpartytjie
Herodes is so beïndruk met Salome se dansvertoning dat hy belowe om haar te gee waarvoor sy ook al vra. Haar versoek is skokkend. Hoe so?
HOOFSTUK 52
Duisende word gevoed met ’n paar brode en visse
Jesus se wonderwerk is so betekenisvol dat al vier Evangelieverslae dit bevat.
HOOFSTUK 53
’n Heerser wat die elemente kan beheer
Watter lesse leer die apostels wanneer Jesus op water loop en die wind laat bedaar?
HOOFSTUK 54
Jesus – “Die brood van die lewe”
Hoekom wys Jesus mense tereg, al het hulle hard probeer om na hom toe te kom?
HOOFSTUK 55
Jesus se woorde skok baie
Jesus sê iets wat so skokkend is dat baie van sy dissipels ophou om hom te volg.
HOOFSTUK 56
Wat maak iemand nou eintlik onrein?
Is dit wat in sy mond ingaan, of wat uit sy mond uitkom?
HOOFSTUK 57
Jesus genees ’n meisie en ’n dowe man
Hoekom is ’n vrou nie beledig wanneer Jesus mense van haar nasie met hondjies vergelyk nie?
HOOFSTUK 58
Hy vermeerder brode en gee ’n waarskuwing oor suurdeeg
Jesus se dissipels verstaan uiteindelik van watter soort suurdeeg hy praat.
HOOFSTUK 59
Wie is die Seun van die mens?
Wat is die sleutels van die Koninkryk? Wie gebruik dit, en hoe?
HOOFSTUK 60
Die gedaanteverandering – Christus as glorieryke Koning
Wat was die gedaanteverandering? Wat het dit beteken?
HOOFSTUK 61
Jesus genees ’n seun in wie daar ’n demoon is
Jesus sê dat ’n seun nie genees kon word nie as gevolg van ’n gebrek aan geloof, maar wie het hierdie gebrek? Die seun, sy pa of Jesus se dissipels?
HOOFSTUK 63
Jesus gee raad oor struikeling en sonde
Hy beskryf ’n proses met drie stappe om ernstige kwessies tussen broers te hanteer.
HOOFSTUK 64
Dit is belangrik om te vergewe
Deur die illustrasie van die slaaf wat nie genade betoon het nie, wys Jesus hoe ernstig God ons bereidwilligheid om ander te vergewe, beskou.
HOOFSTUK 65
Jesus onderrig op pad na Jerusalem
In drie kort gesprekke identifiseer Jesus gesindhede wat kan voorkom dat iemand hom volg.