Aan die Kolossense 2:1-23

  • Heilige geheim van God, Christus (1-5)

  • Pasop vir bedrieërs (6-15)

  • Werklikheid behoort aan Christus (16-23)

2  Ek wil hê dat julle moet besef hoe hard ek probeer om julle te help, sowel as dié in Laodiseʹa+ en almal wat my nog nie persoonlik* gesien het nie.  Ek hoop dat hulle harte vertroos kan word+ en dat hulle in liefde harmonies saamgevoeg kan word.+ So sal hulle alle rykdom kan hê, dit wil sê ’n duidelike en goeie begrip met akkurate kennis van die heilige geheim van God, naamlik Christus.+  In hom is al die skatte van wysheid en kennis sorgvuldig weggesteek.+  Ek sê dit sodat niemand julle met oortuigende argumente kan mislei nie.  Al is ek nie fisies by julle nie, is ek in die gees by julle, en ek is bly om te sien hoe ordelik alles by julle verloop+ en hoe sterk julle geloof in Christus is.+  Aangesien julle Christus Jesus, die Here, aanvaar het, moet julle aanhou om in eenheid dieselfde weg as hy te volg.  Soos julle geleer het, moet julle in hom gewortel en opgebou word+ en stewig in die geloof gemaak word,+ en julle harte moet oorloop van dankbaarheid.+  Pasop dat niemand julle vang* deur middel van filosofie en leë bedrog+ wat op die tradisies van mense gebaseer is, op die basiese* dinge van die wêreld en nie op Christus nie.  En tog is al die eienskappe van God ten volle in hom.+ 10  As gevolg van hom, wat die hoof van alle regering en gesag is, het julle nie ’n tekort aan enigiets nie.*+ 11  Danksy hom is julle ook besny, nie deur hande nie, maar deurdat julle ontslae geraak het van die sondige liggaam.*+ Dit is die manier waarop knegte van Christus besny moet word.+ 12  Julle is saam met hom in sy doop begrawe,+ en weens hom is julle ook saam opgewek+ deur julle geloof in die kragtige werk van God, wat hom uit die dood opgewek het.+ 13  Julle was ook dood in julle oortredings en was nie in die vlees besny nie, maar God het julle saam met hom lewend gemaak.+ Uit sy goedheid het hy al ons oortredings vergewe+ 14  en die handgeskrewe dokument+ uitgewis wat uit wette bestaan het+ en wat teen ons was.+ Hy het dit verwyder deur dit aan die folterpaal* vas te spyker.+ 15  Deur dit te doen, het hy die regerings en die owerhede verslaan en sy oorwinning in die openbaar bekend gemaak deur hulle in ’n oorwinningsoptog te lei.+ 16  Laat niemand julle dus oordeel oor wat julle eet en drink+ of oor die viering van ’n fees of ’n nuwemaan+ of ’n sabbat nie.+ 17  Hierdie dinge is ’n skaduwee van die toekomstige dinge,+ maar die werklikheid behoort aan die Christus.+ 18  Moenie toelaat dat iemand wat maak asof hy nederig is en ’n vorm van engele-aanbidding doen, keer dat julle die prys ontvang nie.+ So iemand “neem stelling in oor”* die dinge wat hy gesien het, maar eintlik is hy sonder rede opgeblase van trots omdat hy op ’n vleeslike manier dink, 19  en hy hou op om die hoof te volg,+ die een wat die hele liggaam alles gee wat dit nodig het en dit deur die gewrigte en ligamente harmonies saamvoeg en dit laat groei met die groei wat van God kom.+ 20  As julle saam met Christus gesterf het ten opsigte van die basiese* dinge van die wêreld,+ waarom lewe julle dan asof julle nog deel van die wêreld is deur gehoorsaam te wees aan wette soos:+ 21  “Moenie daaraan vat of proe of raak nie”? 22  Hierdie wette verwys na dinge wat vergaan nadat dit gebruik is. Dit is wette wat deur mense geleer word.+ 23  Hierdie dinge lyk dalk asof dit wysheid bevat, maar dit is ’n vorm van aanbidding wat mense self gekies het en ’n valse nederigheid, wat die liggaam laat ly.+ Hierdie dinge help ’n mens glad nie in die stryd teen vleeslike begeertes nie.

Voetnote

Lett. “nie my aangesig in die vlees”.
Of “julle as sy prooi wegdra”.
Of “elementêre”.
Of “het julle ’n volheid verkry”.
Lett. “die liggaam van die vlees”.
Aangehaal uit geheime heidense inwydingsritusse.
Of “elementêre”.