Amos 3:1-15

  • God se oordeel bekend gemaak (1-8)

    • God openbaar sy vertroulike saak (7)

  • Boodskap teen Samaria (9-15)

3  “Luister na wat Jehovah oor julle sê, o Israel, oor die hele familie wat ek uit Egipte uitgelei het:   ‘Uit al die families van die aarde het ek net julle geken.+ Daarom sal ek julle straf vir julle oortredings.+   Sal twee saamloop tensy hulle ooreengekom het* om mekaar te ontmoet?   Sal ’n leeu in die woud brul wanneer hy geen prooi het nie? Sal ’n jong leeu* uit sy lêplek grom as hy niks gevang het nie?   Sal ’n voël in ’n valstrik op die grond val as daar geen strik vir hom gestel is nie?* Spring ’n valstrik van die grond af op as dit niks gevang het nie?   As ’n horing in ’n stad geblaas word, bewe die volk dan nie? As daar rampspoed in die stad is, is dit dan nie Jehovah wat opgetree het nie?   Want die Soewereine Heer Jehovah sal niks doentensy hy sy vertroulike saak* aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.+   Die leeu het gebrul!+ Wie sal nie bang wees nie? Die Soewereine Heer Jehovah het gepraat! Wie sal nie profeteer nie?’+   ‘Verkondig dit op die versterkte torings in Asdoden op die versterkte torings in Egipte. Sê: “Kom bymekaar op die berge van Samariʹa.+ Kyk na die moeilikheiden die verdrukking wat daar is.+ 10  Want hulle het hulle versterkte torings met geweld en vernietiging gevul,” sê Jehovah,“en hulle weet nie hoe om te doen wat reg is nie.”’ 11  Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘’n Vyand sal die land omsingel.+ Hy sal jou krag van jou wegneem,en jou versterkte torings sal gestroop word.’+ 12  Dít is wat Jehovah sê: ‘Net soos die herder twee pootjies of ’n stukkie oor uit die bek van die leeu wegruk,so sal die Israeliete weggeruk word,dié wat nou in Samariʹa op pragtige beddens en mooi banke sit.’+ 13  ‘Luister en waarsku* die huis van Jakob,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, die God van die leërmagte. 14  ‘Want die dag wanneer ek Israel straf vir al sy opstandige dade,*+sal ek ook teen die altare van Bet-El optree.+ Die horings van die altaar sal afgekap word en op die grond val.+ 15  Ek sal die winterhuis saam met die somerhuis platslaan.’ ‘Die huise van ivoor sal vergaan,+en die groot* huise sal verdwyn,’+ sê Jehovah.”

Voetnote

Of “’n afspraak gemaak het”.
Of “jong maanhaarleeu”.
Of moontlik “as daar geen lokaas daarin is nie”.
Of “geheim”.
Of “getuig teen”.
Of “misdade”.
Of moontlik “baie”.