Jaarboek van Jehovah se Getuies vir 2015
Vind meer uit oor die werk wat Jehovah se Getuies gedurende 2014 verrig het en oor die geskiedenis van die Getuies in die Dominikaanse Republiek.
Jaarteks vir 2015
Ons jaarteks vir 2015 is Psalm 106:1: “Dank Jehovah, want hy is goed.”
’n Brief van die Bestuursliggaam
Die Bestuursliggaam spreek hulle dank uit teenoor die wêreldwye broederskap van Jehovah se Getuies vir hulle getroue werk, liefdevolle arbeid en volharding.
Vinnige vooruitgang by Warwick
Kry ’n idee van die opwinding by die bouterrein van die nuwe wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies.
Wêreldkantoor vir Ontwerp en Konstruksie
Hierdie nuwe afdeling het die groot taak om die werk op meer as 14 000 bouprojekte te bespoedig.
’n Bybel wat gemaak is om te hou
Die 2013-hersiene uitgawe van die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif is mooi en gemaak om te hou.
Die grootste samekoms van Jehovah se Getuies
Die bywoning vir die 129ste jaarvergadering van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië het ’n rekordhoogte bereik.
Toewyding van takfasiliteite in Sri Lanka
Die fasiliteite is deur middel van unieke tweerigting-videostroming verbind.
Verslag oor regsaangeleenthede
Jehovah se Getuies hou aan om te veg vir hulle reg op godsdiensvryheid.
Nuus van regoor die wêreld
Waarom het twee jong meisies van Georgië geld geskenk wat hulle sou gebruik het om ’n selfoon te koop?
‘Ons het ongelooflike dinge gesien’
Watter hedendaagse gebeure kan vergelyk word met die wonderwerke wat in Jesus se tyd plaasgevind het?
Afrika
Glanspunte van ons Bybelonderrigtingswerk in Angola, Ghana, Kongo (Kinshasa), Nigerië en Suid-Afrika gedurende 2014.
Die Amerikas
Glanspunte van ons Bybelonderrigtingswerk in Argentinië, Brasilië, Haïti, Paraguay en Suriname gedurende 2014.
Asië en die Midde-Ooste
Glanspunte van ons Bybelonderrigtingswerk in die Filippyne, Indonesië, Mongolië en ’n ander land in Asië gedurende 2014.
Europa
Glanspunte van ons Bybelonderrigtingswerk in Bulgarye, Duitsland, Finland, Roemenië, Rusland, Spanje en Swede gedurende 2014.
Oseanië
Glanspunte van ons Bybelonderrigtingswerk in Kiribati, die Marshalleilande, Papoea-Nieu-Guinee en Vanuatu gedurende 2014.
’n Oorsig van die Dominikaanse Republiek
Kry ’n kort oorsig van die land en sy bevolking.
Die vroeë dae
Hoe lank het dit die eerste sendelinge in die Dominikaanse Republiek geneem om ’n Bybelstudie te begin?
“Eendag sal ons hulle vind”
Ná ’n soektog van 13 jaar het Pablo González die mense gevind na wie hy gesoek het.
Opgesluit & verbied
Hoe kon party Getuies jare lank wrede behandeling in die tronk verduur?
Die predikingswerk word voortgesit
In plaas daarvan om herbesoeke en ure te rapporteer, het verkondigers ’n inkopielys ingegee wat kool en spinasie ingesluit het.
Vry en toe weer verbied
Die ses jaar lange verbod op die werk van Jehovah se Getuies in die Dominikaanse Republiek is in 1956 opgehef, maar net 11 maande later weer ingestel.
Die Katolieke Kerk en Trujillo
Die Kerk, wat die Dominikaanse diktator lank ondersteun het, het nie net van standpunt verander nie, maar ook die Dominikaanse volk om verskoning gevra.
Wrede aanval
Die Getuies is wreed aangeval, maar het dit hulle laat tou opgooi?
Wie is die hoof?
’n Mimeograaf, ’n groot olieblik, ’n goiingsak en broodwortels is gebruik om geestelike voedsel gedurende die verbod te vervaardig en te versprei.
Die gevaar van inhegtenisneming
Hoewel hulle vergaderinge verbied is, het die Getuies in die Dominikaanse Republiek slim maniere gevind om in die geheim te vergader.
Volharding bring verligting
Nadat die Getuies in die Dominikaanse Republiek jare lank deur die regering teëgestaan is, het hulle hulp uit ’n onverwagte bron ontvang.
“Ek het soos ’n leeu geveg”
Luis Eduardo Montás, wat twee keer sy land se diktator probeer vermoor het, het Bybelwaarheid gevind terwyl hy hulp probeer kry het vir nog ’n sluipmoordpoging.
Die Koninkrykshoop is nie net ’n droom nie
Efraín de la Cruz is opgesluit en wreed geslaan in sewe strafgevangenisse omdat hy die goeie nuus verkondig het. Hoe het hy sy ywer meer as 60 jaar lank behou?
Ek sal een van Jehovah se Getuies bly
’n Priester het Mary Glass gewaarsku dat sy mal sal raak as sy die Bybel lees. Sy het dit nogtans gelees en ontdek waarom daar vir haar gesê is om dit nie te doen nie.
Vryheid om te preek
Ná die sluipmoord op Trujillo het nog sendelinge in die land aangekom en begin preek. Hulle het geleidelik daarin geslaag om vooroordeel teen Jehovah se Getuies af te breek.
Hier om te bly
Die predikingswerk is ondanks politieke onrus voortgesit. Wat het dit duidelik gemaak dat die Getuies in die Dominikaanse Republiek ‘hier is om te bly’?
Nog predikers nodig
Die geskiedenis van Jehovah se Getuies in die Dominikaanse Republiek sou onvolledig wees sonder ’n vermelding van diegene wat met die predikingswerk kom help het.
Hulle is lief vir hulle broers
Nadat die orkaan Georges die Dominikaanse Republiek in 1998 getref het, het die liefdevolle pogings van die Getuies vir baie mense verligting gebring en Jehovah God verheerlik.
Hulle het tred gehou met die groei
Hoe het die Getuies, toe hulle vermeerder het, seker gemaak dat daar genoeg plekke vir aanbidding is, asook volwasse broers om die leiding te neem?
Die Haïtiaans-Kreoolse veld
Jehovah se Getuies verkondig die Koninkryksboodskap aan mense wat Haïtiaanse Kreools praat. Mettertyd is gemeentes gestig en taalklasse aangebied.
Aardbewing in Haïti
Die Dominikaanse takkantoor van Jehovah se Getuies het ná die aardbewing in 2010 in Haïti grootskaalse noodleniging gereël. Tallose vrywilligers het gehelp.
Opwindende vooruitsigte
Die predikings- en dissipelmaakwerk in die Dominikaanse Republiek het ver gevorder sedert 1945. Daar is goeie rede om uit te sien na die toekoms.
Jehovah het baie harte ontvanklik gemaak
Gedurende die tyd dat Leonardo Amor in La Vega was, het niemand belangstelling in Bybelwaarheid getoon nie. Sou die hartstoestand van mense ooit verander?
Twee-en-twintig mense het die kerk verlaat
Daar is gesê dat Jehovah se Getuies die dorpsbewoners se geloof met ‘sataniese leringe’ ondermyn. Maar die Getuies het Bybelverse gebruik om bevredigende antwoorde op mense se vrae te gee.
’n Militante ateïs word ’n kneg van God
Juan Crispín was ’n ateïs wat gedink het dat revolusie die wêreld ’n beter plek sal maak. Wat het hierdie ateïs ’n kneg van God laat word?
Die eerste dowe persoon wat die waarheid aangeneem het
José Pérez was die eerste dowe Getuie in die Dominikaanse Republiek. Hoe kon José die Bybel se boodskap “hoor” en die leringe daarin beter verstaan?
Hy het ’n doel in die lewe gevind
José Estévez en sy gesin het ’n ware doel in die lewe gevind. Hoe het hulle persoonlik ondervind dat Jehovah sy beloftes vervul?
Ek wou ophou om God te dien
Hoewel Martín Paredes vir priester gestudeer het, wou hy ophou om God te dien. Hoe het ’n boek wat hy by die kweekskoolrekenmeester geleen het, hom van gedagte laat verander?
Honderd jaar gelede —1915
Hoe het Jehovah se Getuies gevaar gedurende die tyd van toetse wat op 1914 gevolg het?

