Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 DIE DOMINIKAANSE REPUBLIEK

’n Militante ateïs word ’n kneg van God

Juan Crispín

’n Militante ateïs word ’n kneg van God
  • GEBORE 1944

  • GEDOOP 1964

  • PROFIEL ’n Voormalige ateïs wat Jehovah al die afgelope 50 jaar getrou dien.

AS ’N jong man is ek ontnugter deur die haatgevulde geskiedenis van godsdiens. Ek het ook nie verstaan waarom God nie armoede en ongeregtigheid beëindig het nie en waarom soveel godsdienstige mense nie doen wat die Bybel sê nie. Daarom het ek ’n ateïs geword en geglo dat slegs ’n politieke revolusie die probleme in die wêreld kan oplos.

In 1962 het ek die Ontwaak! begin lees. Toe, in 1963, het ek ingestem om die Bybel saam met Jehovah se Getuies te studeer. Wat ek geleer het, het ’n kragtige uitwerking op my gehad. Ek het geleer dat God nie verantwoordelik is vir die gruweldade wat deur verskillende godsdiensgroepe gepleeg word nie en dat hy ’n liefdevolle voorneme met die mensdom het. Twee maande ná my eerste studie het ek ander begin vertel dat God se Koninkryk hierdie verdorwe stelsel  van dinge sal vervang. Ek is in 1964 gedoop en is in 1966 as ’n spesiale pionier aangestel. Ek glo dat die waarheid my lewe gered het, want baie van die militante jongmense met wie ek geassosieer het, het ’n gewelddadige dood gesterf, is in die tronk gegooi of moes uit die land vlug. Ek dank Jehovah dat hy my verander het van ’n ateïs sonder hoop in ’n kneg van die God wat ’n regverdige nuwe wêreld belowe.

Broer Crispín hou oggendaanbidding by Bethel