Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jaarteks vir 2015

“Dank Jehovah, want hy is goed.”Psalm 106:1

Jaarteks vir 2015

Nadat die Israeliete by die Rooisee uit die hand van Farao en sy krygsmag verlos is, het hulle alle rede gehad om Jehovah te dank. Ons kan Jehovah ook met vreugde dank. Dit is wel maklik om ontmoedig te word wanneer ons moeilike omstandighede ondervind. Tydens sulke tye kan ons vertroosting en krag verkry deur na te dink oor ons seëninge.

 Een van ons kosbaarste seëninge is ons vaste hoop op verlossing van alles wat vir ons pyn en benoudheid veroorsaak. Ongeag watter beproewinge ons deurmaak, ons weet dat Jehovah ons nie sal verlaat nie. Ons liefdevolle Herder voorsien alles wat ons nodig het om hom getrou te dien. Hy is altyd “’n toevlug en sterkte, ’n hulp wat gedurende benoudhede maklik gevind kan word” (Ps. 46:1). As ons op sulke seëninge konsentreer, sal dit ons help om selfs die moeilikste beproewinge te verduur. Mag ons regdeur die komende jaar vreugdevol nadink oor ons seëninge en beweeg word om ‘Jehovah te dank, want hy is goed; want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd’.—Ps. 106:1.