EPISODE 4
“Dit is hoekom ek gekom het”
(Lengte: 54:56)
Jesus genees die siekes, dryf demone uit, maak dissipels en kies sy 12 apostels. Hierdie episode sluit die volgende verslae in:
Jesus leer mense in die sinagoge in Kapernaum; hy dryf ’n onrein gees uit (Markus 1:21-29; Lukas 4:31-37)
Jesus genees Petrus se skoonma (Lukas 4:38, 39; Matteus 8:14, 15; Markus 1:30, 31)
Jesus genees baie ander mense (Lukas 4:40, 41; Matteus 8:16, 17; Markus 1:32-34)
Jesus bid in ’n afgeleë plek (Markus 1:35-38; Lukas 4:42, 43)
Jesus preek vir mense en leer en genees hulle (Matteus 4:23-25; Markus 1:39)
Jesus genees ’n melaatse (Markus 1:40-45; Matteus 8:1-4; Lukas 5:12-15)
Jesus soek na ’n stil plek om te bid (Lukas 5:16)
Jesus vergewe en genees ’n verlamde man in Kapernaum (Markus 2:1-12; Matteus 9:1-8; Lukas 5:17-26)
Jesus nooi Matteus om sy volgeling te wees (Markus 2:13, 14; Matteus 9:9; Lukas 5:27, 28)
Jesus eet saam met belastinggaarders in Matteus se huis (Markus 2:15-17; Matteus 9:10-13; Lukas 5:29-32)
Vraag oor vas (Matteus 9:14-17; Lukas 5:33-39; Markus 2:18-22)
Jesus preek in die sinagoges van Judea (Lukas 4:44)
Jesus genees ’n siek man op die Sabbat by die bad Betsata (Johannes 5:1-9)
Die Jode praat streng met die man wat genees is (Johannes 5:10-13)
Jesus vind die man wat genees is, in die tempel (Johannes 5:14, 15)
Jesus praat oor die gesag wat sy Vader aan hom gegee het (Johannes 5:16-24)
Dié wat in ’n geestelike sin dood is maar wat aan Jesus se stem aandag skenk, sal lewe (Johannes 5:25-27)
Dié wat in die gedenkgrafte is, sal opgewek word (Johannes 5:28-30)
Johannes die Doper, die werk wat Jesus gedoen het, die Vader en die Skrif getuig oor Jesus (Johannes 5:31-47)
Jesus, “selfs Here van die Sabbat” (Markus 2:23-28; Matteus 12:1-8; Lukas 6:1-5)
Jesus genees ’n man met ’n misvormde hand op die Sabbat (Lukas 6:6-11; Matteus 12:9-14; Markus 3:1-6)
’n Groot skare op die strand; Jesus, God se geliefde kneg; baie word genees (Markus 3:7-12; Matteus 12:15-21)
Die 12 apostels word gekies (Lukas 6:12-16; Markus 3:13-19a)

