Jaarboek van Jehovah se Getuies vir 2016

Lees oor die werk van Jehovah se Getuies regoor die wêreld en oor die geskiedenis van die Getuies in Indonesië.

Jaarteks vir 2016

Hebreërs 13:1 bevat ’n aansporing sowel as lof.

’n Brief van die Bestuursliggaam

Hierdie aanmoedigende boodskap toon hoe voorsienings soos die webwerf jw.org, JW Broadcasting, lektuurtrollies en ons streekbyeenkoms vir 2015 ware seëninge is.

“Ons is mal oor JW Broadcasting!”

Wat het dit behels om hierdie Internet-televisiestasie op te stel?

Koninkryksaalbouwerk word bespoedig

Daar is aanpassings gemaak om die duisende Koninkryksale wat nog nodig is, te bou.

Hoe vorder die projek by Warwick?

Lees ’n kort verslag oor die vordering op die bouterrein van die nuwe wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies.

Die onbereikbares word bereik

Waarom het Terry geglo dat die dinge wat hy by Jehovah se Getuies gehoor het ’n antwoord op sy gebede was?

Die lig word helderder

Lees in hierdie gedeelte hoe Jehovah aanhou om die pad van sy ware aanbidders te verlig.

Die toewyding van takkantore

Jehovah se Getuies in Madagaskar en Indonesië het spesiale seëninge vroeg in 2015 ontvang.

Nuwe Wêreld-vertaling in meer tale

Sestien uitgawes is gedurende die 2015-diensjaar vrygestel.

Verslag oor regsaangeleenthede

Die stryd teen godsdiensdiskriminasie duur voort regoor die wêreld.

Nuus van regoor die wêreld

Die jong Ken se geheime bussie het gehelp om ’n Koninkryksaal te bou.

Afrika

Watter vindingryke metodes gebruik die Getuies om die goeie nuus te verkondig?

Die Amerikas

Waarom het ’n vrou die Bybel in die veld by kerslig studeer? Waarom het ’n aggressiewe Amerindiaanse hoofman vir die Getuies gewag? En waarom het ’n voormalige vervolger gehuil?

Asië en die Midde-Ooste

Party Koninkryksverkondigers het fisiese gebreke en ander word vervolg, maar hulle volhard in die predikingswerk.

Oseanië

Lektuuruitstallings, lektuurtrollies, die webwerf jw.org en teokratiese video’s plant saadjies van waarheid by honderde, selfs duisende, mense!

’n Oorsig van Indonesië

Kry ’n vinnige oorsig van die land, mense en gebruike van die wêreld se grootste eilandgroep.

Die speseryhandel

Gedurende die 16de eeu het die speseryhandel ’n groot rol gespeel in die wêreldekonomie.

Dit is waar ek wil begin!

’n Paar moedige kolporteurs (pioniers) van Australië het uitdagings oorkom terwyl hulle die predikingswerk begin doen het.

Vroeë predikingsmetodes

Radiouitsendings en getuieniswerk by hawens het invloedryke teenstanders van die waarheid in Indonesië woedend gemaak.

Die Bibelkring

Hierdie godsdiensbeweging was gegrond op die publikasies van Jehovah se Getuies, maar is deur menslike redenasies beïnvloed.

Hy het geestelike skatte waardeer

Oproeriges het Thio Seng Bie se huis geplunder terwyl hy toegekyk het, maar hulle het iets agtergelaat wat vir hom waardevoller was as alles wat hy verloor het.

Wes-Java lewer vrugte op

Terwyl die Getuies se publikasies verbied is, het hulle die predikingswerk op vindingryke maniere voortgesit.

Onder die Japannese juk

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het party Getuies ’n manier gevind om by die Japannese owerhede te registreer sonder om hulle neutraliteit prys te gee.

’n Vreeslose pionier

André Elias het gedurende 60 jaar van diens sy onkreukbaarheid gehandhaaf ondanks ondervraging en dreigemente.

Gileadsendelinge kom in Indonesië aan

Die eerste Gileadsendelinge kom in Indonesië aan om te help om die predikingswerk te bespoedig.

Die werk brei na die ooste uit

Sou die geestelikes hierdie keer die predikingswerk kon stopsit?

Nog sendelinge

Toestande om die goeie nuus te verkondig het gedurende die middel van die 1970’s vinnig agteruitgegaan.

’n Ware dogter van Sara

Titi Koetin het haar gewillig aan haar man onderwerp en is ryklik daarvoor beloon.

’n Onvergeetlike byeenkoms

Die “Ewige Goeie Nuus”-byeenkoms in 1963 was suksesvol ondanks ernstige struikelblokke.

Ek het ’n kommunistiese opstand oorleef

Ronald Jacka se graf was reeds gegrawe.

Vyftig jaar ’n spesiale pionier

In 1964 in Wes-Papoea het ’n Protestantse predikant gedreig: ‘Ek gaan Manokwari bevry van Jehovah se Getuies!’ Het hy daarin geslaag?

Van misdaadbaas tot gerespekteerde burger

Die Direkteur van Intelligensie het gevra: “Wat doen Jehovah se Getuies werklik in Indonesië?”

Vasbeslote om voort te gaan

Wat het party beweeg om te sê: “Jehovah se Getuies is soos spykers”?

Hulle het nie hulle vergaderinge nagelaat nie

Toe die verbod op Jehovah se Getuies opgehef is, het ’n amptenaar gesê: “Hierdie registrasiedokument gee julle nie godsdiensvryheid nie.”

Christelike liefde ten tye van natuurrampe

Jehovah se Getuies het vinnig opgetree nadat ’n aardbewing die Indonesiese dorp Gunungsitoli heeltemal vernietig het.

Ons het geweier om ons geloof prys te gee

Daniel Lokollo vertel hoe hy vervolg is deur tronkbewaarders.

Gehoorsaamheid het ons lewe gered!

Konflikte tussen Moslems en Christene het ’n kritieke situasie geskep vir Jehovah se Getuies in Indonesië.

Groot vooruitgang

Toe die verbod opgehef is, het die broers by drie dinge baat gevind.

Trots om Jehovah se naam te verkondig

Die kultuur en gewoontes het dit vir die Getuies moeilik gemaak om moedig te getuig. Hoe het hulle hierdie uitdaging oorkom?

’n Takkantoor in die lug

Verkondigers wat gaan dien waar hulp nodig is, het na vars predikingsgebied gesoek en dit gevind.

Jehovah het ons verwagtinge oortref!

Die gemeente in die dorpie Tugala, Indonesië, het ’n onverwagte seëning ontvang.

Uiteindelik verenig!

Twee dowe susters in Indonesië is geskei toe hulle ouers een van hulle laat aanneem het, maar die waarheid het hulle weer verenig.

Honderd jaar gelede—1916

’n Gebeurtenis in die herfs van 1916 was besonder betekenisvol vir die Bybelstudente.

Groottotale vir 2015

Wat is gedoen en wat het dit gekos om die goeie nuus van God se Koninkryk te verkondig?

Die herdenking van die Gedenkmaal—Vrydag 3 April 2015

’n Vier week lange uitnodigingskampanje het uitstekende resultate gehad.