Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Die herdenking van die Gedenkmaal—Vrydag 3 April 2015

Die herdenking van die Gedenkmaal—Vrydag 3 April 2015

OP Saterdag 7 Maart 2015 het gemeentes regoor die wêreld met ’n vier week lange kampanje begin om so veel mense as moontlik uit te nooi na die herdenking van Jesus Christus se dood en om saam met ons te luister na ’n toespraak oor hoe sy dood ons tot voordeel strek. Miljoene mense het uitnodigings ontvang, hetsy persoonlik, oor die telefoon of in die pos. Wat was die resultaat? Hoe bly was Jehovah se Getuies tog toe hulle 19 862 783 mense op Vrydag 3 April by hierdie heilige geleentheid verwelkom het. Nou word groot moeite gedoen om almal wat dit bygewoon het, te help om met Jehovah se volk te assosieer, om die ware God te aanbid en om sy liefde en ryk seëninge te ervaar.—Miga 4:2.