DEEL 1
“Ontsaglike krag”
In hierdie deel sal ons na Bybelverslae kyk wat getuig van Jehovah se krag om te skep, te vernietig, te beskerm en te herstel. As ons verstaan hoe Jehovah God, wat “ontsaglike krag” het, “die oorvloed van sy dinamiese energie” gebruik, sal dit ons harte met moed en hoop vervul. – Jesaja 40:26.
IN HIERDIE GEDEELTE
HOOFSTUK 4
“Jehovah . . . het groot krag”
Moet ons God vrees weens sy krag? Ja en nee is albei regte antwoorde.
HOOFSTUK 5
Skeppingskrag – “Die Maker van hemel en aarde”
Van ons reusagtige son tot ’n piepklein bykolibrie, kan God se skepping ons iets belangriks oor hom leer.
HOOFSTUK 6
Vernietigingskrag – “Jehovah is ’n magtige vegter”
Hoe kan “die God van vrede” Goddelike oorlogvoering uitvoer?
HOOFSTUK 7
Beskermingskrag – “God is ons skuilplek”
God beskerm sy knegte op twee maniere, maar die een is baie belangriker as die ander.
HOOFSTUK 8
Herstellingskrag – Jehovah “maak alles nuut”
Jehovah het reeds rein aanbidding herstel. Wat sal hy in die toekoms herstel?
HOOFSTUK 10
‘Word ’n navolger van God’ in jou gebruik van mag
Jy het dalk meer mag as wat jy besef. Hoe kan jy dit reg gebruik?

