DEEL 3
“Wys van hart”
Ware wysheid is een van die kosbaarste skatte waarna jy kan soek. Jehovah alleen is die Bron daarvan. In hierdie deel sal ons die onbeperkte wysheid van Jehovah God ondersoek, die een van wie die getroue man Job gesê het: “Hy is wys van hart.” – Job 9:4, vtn.
IN HIERDIE GEDEELTE
HOOFSTUK 17
“Hoe diep is God se . . . wysheid . . . tog!”
Hoekom is God se wysheid selfs meer verhewe as sy eie kennis, begrip en onderskeidingsvermoë?
HOOFSTUK 18
Wysheid in “die woord van God”
Waarom het God mense gebruik om sy gedagtes in ’n boek neer te skryf, en hoekom is sekere dinge daarby ingesluit of nie?
HOOFSTUK 19
“God se wysheid, wat ’n heilige geheim is”
Wat is die heilige geheim wat God progressief geopenbaar het?
HOOFSTUK 20
“Wys van hart” – En tog nederig
Hoe kan die Soewereine Heer van die heelal nederig wees?
HOOFSTUK 21
Jesus openbaar “God se wysheid”
Die manier waarop Jesus onderrig het, was so indrukwekkend dat soldate wat gestuur is om hom te arresteer, met leë hande teruggegaan het!
HOOFSTUK 22
Het “die wysheid van bo” ’n invloed op jou lewe?
Die Bybel beskryf vier sleutels wat jou kan help om Goddelike wysheid te verkry.

