Spring na inhoud

Die boek Openbaring—Wat beteken dit?

Die boek Openbaring—Wat beteken dit?

Die Bybel se antwoord

 Die Griekse naam van die Bybelboek Openbaring, A·po·kaʹly·psis (apokalips), beteken “Onthulling” of “Openbaarmaking”. Hierdie naam dui op die betekenis van Openbaring—dit onthul sake wat verborge was en maak gebeure openbaar wat sou plaasvind lank nadat dit opgeteken is. Baie van die profesieë daarin moet nog vervul word.

’n Oorsig van die boek Openbaring

Sleutels om die boek Openbaring te verstaan

  1.   Die betekenis daarvan is positief, nie vreesaanjaend of skrikwekkend vir diegene wat God dien nie. Hoewel baie mense die woord “apokalips” met groot rampspoed assosieer, begin en eindig die boek Openbaring deur te sê dat diegene wat dit lees, dit verstaan en die boodskap daarin toepas, gelukkig sal wees omdat hulle dit doen.—Openbaring 1:3; 22:7.

  2.   Openbaring gebruik baie “tekens”, of simbole, wat nie letterlik verstaan moet word nie.—Openbaring 1:1.

  3.   Talle belangrike entiteite en simbole in die boek Openbaring kom vroeër in die Bybel voor:

  4.   Die visioene is van toepassing op “die dag van die Here”, wat begin het toe God se Koninkryk in 1914 opgerig is en Jesus as Koning begin regeer het (Openbaring 1:10). Ons kan dus verwag dat die vernaamste vervulling van Openbaring in ons tyd sal plaasvind.

  5.   Om die boek Openbaring te verstaan, het ons dieselfde dinge nodig wat ons help om die res van die Bybel te verstaan, insluitende wysheid van God en hulp van diegene wat dit reeds verstaan.—Handelinge 8:26-39; Jakobus 1:5.