Het jy geweet?
Hoe is tempelbydraes in Jesus se dag gemaak?
Die tempelskatkiste was in die Voorhof van die Vroue. Die boek The Temple
Die kiste is trompette genoem omdat dit aan die bokant nou en aan die onderkant breed was. Die kiste is vir verskillende offergawes gemerk, en die geld wat in elkeen gegooi is, sou vir ’n spesifieke doel aangewend word. Jesus was in die Voorhof van die Vroue toe hy gesien het hoe baie mense, insluitende ’n behoeftige weduwee, bydraes ingooi.
Twee kiste was vir die tempelbelasting
Was die Bybelskrywer Lukas ’n noukeurige geskiedskrywer?
Lukas het die Evangelie wat sy naam dra sowel as die Handelinge van die Apostels geskryf. Lukas sê dat hy “alles van die begin af noukeurig nagespeur het”, maar party geleerdes het sy verslag van gebeure bevraagteken (Lukas 1:3). Hoe noukeurig was hy?
Lukas meld geskiedkundige feite wat gestaaf kan word. Hy gebruik byvoorbeeld ’n aantal titels van Romeinse amptenare, soos burgerlike magistrate, in Filippi; stadsheersers, in Tessalonika; en kommissarisse, in Efese (Handelinge 16:20; 17:6; 19:31). Lukas noem Herodes Antipas ’n distriksheerser en Sergius Paulus die prokonsul van Siprus.
Lukas se juiste gebruik van titels is merkwaardig, want wanneer die status van ’n Romeinse gebied verander het, het die bewindhebber se titel ook verander. Tog is “hierdie verwysings in Handelinge elke keer reg vir die betrokke plek en tyd”, sê die Bybelgeleerde Bruce Metzger. Die geleerde William Ramsay noem Lukas “’n uitnemende geskiedskrywer”.

