Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | IS DIE DOOD DIE EINDE VAN ALLES?

Die mensdom se stryd teen die dood

Die mensdom se stryd teen die dood

KEISER QIN SHI HUANG

ONTDEKKINGSREISIGER PONCE DE LEÓN

Die dood is ’n skrikwekkende vyand. Ons stry met al ons mag daarteen. Wanneer die dood ’n geliefde wegneem, kan dit vir ons moeilik wees om die werklikheid daarvan te aanvaar. Of terwyl ons nog jeugdige krag het, dink ons miskien dat hierdie vyand nooit ons lewe sal eis nie’n illusie waaraan ons so lank as moontlik vasklou.

Min mense het meer aan onsterflikheid gedink as die eertydse Farao’s. Hulle het ’n groot deel van hulle lewesowel as dié van duisende werkersdaaraan bestee om die dood te probeer oorwin. Die piramides wat hulle gebou het, getuig van hulle streween van hulle mislukking.

Chinese keisers het ’n soortgelyke droom van onsterflikheid nagestreef, al was dit op ’n ander manierdeur middel van die mitiese lewenselikser. Keiser Qin Shi Huang het daarop aangedring dat sy alchemiste ’n toordrankie meng wat die dood kan afweer. Maar baie van hulle brousels het giftige kwik bevat, en een van hulle mengsels het hom waarskynlik doodgemaak.

In die 16de eeu HJ het die Spaanse ontdekkingsreisiger Juan Ponce de León die Karibiese See deurkruis omdat hy na bewering na ’n fontein van die jeug gesoek het. Tydens sy soektog het hy Florida, VSA, ontdek, maar hy het ’n paar jaar later gesterf ná ’n geveg met Indiane. En geen fontein van die jeug is ooit gevind nie.

Die Farao’s, keisers en ontdekkingsreisigers het almal die dood probeer oorwin. En wie van ons sal hulle ooit daarvoor kwalik neem, al hou ons dalk nie van die metodes wat hulle gebruik het nie? In ons diepste wese wil die oorgrote meerderheid van ons bly lewe.

KAN DIE DOOD OORWIN WORD?

Waarom stry ons teen die dood? Die Bybel gee die rede. Dit sê aangaande ons Skepper, Jehovah * God: “Alles het hy mooi gemaak op die tyd daarvoor. Selfs onbepaalde tyd het hy in hulle [die mensdom se] hart gesit” (Prediker 3:11). Ons wil graag die aarde se prag tot in ewigheid geniet, nie net sowat 80 jaar lank nie (Psalm 90:10). Dit is ons hartsbegeerte.

Waarom het God “onbepaalde tyd”, of die ewigheid, in ons hart gesit? Bloot om ons te frustreer? Dit is ondenkbaar. God belowe ons eerder dat die dood oorwin sal word. Die Bybel praat herhaaldelik van die dood wat tot niet gemaak sal word en van God se belofte van die ewige lewe.Sien die bygaande venster  “Die dood word oorwin”.

Jesus Christus het duidelik gesê: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus” (Johannes 17:3). Die stryd teen die dood is dus nie hopeloos nie. Maar Jesus bevestig dat net God hierdie stryd vir ons kan wen.

^ par. 9 Jehovah is die naam van God soos dit in die Bybel geopenbaar word.