Afrikaans
Woon God op ’n spesifieke plek?
https://cms-imgp.jw-cdn.org/img/p/502012488/univ/art/502012488_univ_sqr_xl.jpg
ijwbq artikel 8

Woon God op ’n spesifieke plek?

Woon God op ’n spesifieke plek?

Die Bybel se antwoord

 Ja. God woon op ’n spesifieke plek—in die hemel. Kyk na hierdie Skrifgedeeltes:

 Koning Salomo het in gebed gesê: “Mag u luister vanuit die hemel, u vaste woonplek.”—1 Konings 8:43.

 Jesus Christus het sy dissipels geleer om hulle gebede tot hulle “Vader in die hemele” te rig.—Matteus 6:9.

 Nadat Jesus opgewek is, het hy “in die hemel self [ingegaan], om nou vir ons voor die aangesig van God te verskyn”.—Hebreërs 9:24.

 Hierdie verse toon duidelik dat Jehovah God ’n werklike persoon is en dat hy nie oral woon nie, maar net in die hemel.