Die eerste boek van Konings 8:1-66

  • Die Ark in tempel ingebring (1-13)

  • Salomo spreek volk toe (14-21)

  • Salomo se toewydingsgebed vir tempel (22-53)

  • Salomo seën volk (54-61)

  • Offerandes en toewydingsfees (62-66)

8  Salomo het in daardie tyd die ouermanne van Israel, al die stamhoofde en die hoofmanne van die vaderhuise van Israel+ bymekaargeroep.+ Hulle het na koning Salomo in Jerusalem gegaan om die ark van die verbond van Jehovah uit die Stad van Dawid,+ dit wil sê Sion,+ te bring.  Al die manne van Israel het in die maand Eʹtanim,* dit wil sê die sewende maand, tydens die fees*+ voor koning Salomo bymekaargekom.  Toe al die ouermanne van Israel daar was, het die priesters die Ark opgetel.+  Hulle het die Ark van Jehovah gedra, sowel as die tent van samekoms+ en al die heilige voorwerpe wat in die tent was. Die priesters en die Leviete het dit gedra.  Koning Salomo en almal van Israel wat beveel is om na hom toe te kom, was voor die Ark. Daar is soveel skape en beeste geoffer+ dat hulle nie getel kon word nie.  Toe het die priesters die ark van die verbond van Jehovah gebring na sy plek+ in die binneste vertrek van die huis, die Allerheiligste, en dit onder die vlerke van die gerubs+ gesit.  Die vlerke van die gerubs was oor die plek van die Ark uitgesprei. Die Ark en sy pale was dus onder die vlerke van die gerubs.+  Die pale+ was so lank dat die punte van die pale gesien kon word vanuit die Heilige, voor die binneste vertrek, maar hulle kon nie van buite af gesien word nie. En hulle is tot vandag toe daar.  Daar was niks in die Ark nie behalwe die twee kliptablette+ wat Moses by Horeb daarin gesit+ het toe Jehovah met die Israeliete ’n verbond gemaak+ het terwyl hulle uit Egipte getrek het.+ 10  Toe die priesters uit die heiligdom uitkom, het die wolk+ die huis van Jehovah gevul.+ 11  En as gevolg van die wolk kon die priesters nie hulle diens verrig nie, want die heerlikheid van Jehovah het die huis van Jehovah gevul.+ 12  Toe het Salomo gesê: “Jehovah, u het gesê dat u in digte, donker wolke sou woon.+ 13  Ek het ’n glorieryke huis vir u gebou, ’n vaste plek waar u vir ewig kan woon.”+ 14  Toe het die koning omgedraai en gekyk na al die Israeliete wat daar gestaan het, en hy het hulle geseën.+ 15  Hy het gesê: “Mag Jehovah, die God van Israel, geloof word, die Een wat vervul het wat hy met sy eie mond aan my pa, Dawid, belowe het toe hy gesê het: 16  ‘Van die dag af dat ek my volk Israel uit Egipte uitgelei het, het ek nooit uit die stamme van Israel ’n stad gekies waarin ’n huis gebou moet word waar my naam geëer sou word nie.+ Maar ek het Dawid gekies om oor my volk Israel te wees.’ 17  En dit was my pa, Dawid, se hartsbegeerte om ’n huis vir die naam van Jehovah, die God van Israel, te bou.+ 18  Maar Jehovah het vir my pa, Dawid, gesê: ‘Dit is jou hartsbegeerte om ’n huis vir my naam te bou, en dit is goed dat jy dit wil doen. 19  Maar jy sal nie die huis bou nie. Jou seun wat vir jou gebore sal word, is die een wat die huis vir my naam sal bou.’+ 20  Jehovah het sy belofte gehou, want ek het my pa, Dawid, opgevolg en ek sit op die troon van Israel, net soos Jehovah belowe het. En ek het die huis vir die naam van Jehovah, die God van Israel, gebou,+ 21  en ek het ’n plek daar ingerig vir die Ark waarin die verbond van Jehovah is+ wat hy met ons voorvaders gemaak het toe hy hulle uit Egipte uitgelei het.” 22  Toe het Salomo voor die altaar van Jehovah en voor die hele gemeente van Israel gaan staan, sy hande na die hemel uitgestrek+ 23  en gesê: “O Jehovah, die God van Israel, daar is geen God soos u+ bo in die hemel of onder op die aarde nie, wat die verbond hou en lojale liefde betoon+ aan u knegte wat u met hulle hele hart dien.+ 24  U het u belofte aan my pa, u kneg Dawid, gehou. U het die belofte met u eie mond gemaak, en vandag het u dit nagekom.+ 25  En nou, o Jehovah, die God van Israel, hou die belofte wat u aan my pa, u kneg Dawid, gemaak het toe u gesê het: ‘Daar sal altyd voor my ’n man van jou geslagslyn wees wat op die troon van Israel sit, solank jou seuns seker maak dat hulle my weg volg, net soos jy gedoen het.’+ 26  En nou, o God van Israel, vervul asseblief die belofte wat u aan my pa, u kneg Dawid, gemaak het. 27  “Maar sal God werklik op die aarde woon?+ Die hemel, selfs die hoogste hemele, kan u nie bevat nie.+ Wat nog te sê hierdie huis wat ek gebou het!+ 28  Skenk asseblief aandag aan die gebed van u kneg en aan my versoek om goedkeuring, o Jehovah my God, en luister na die geroep om hulp en na die gebed wat u kneg vandag tot u rig. 29  Hou asseblief dag en nag ’n wakende oog oor hierdie huis waarvan u gesê het: ‘My naam sal daar wees,’+ en luister na die gebed wat u kneg in die rigting van hierdie plek bid.+ 30  En luister na u kneg se versoek om goedkeuring en na die versoek van u volk Israel wat hulle in die rigting van hierdie plek bid, en mag u vanuit u woonplek in die hemel+ hoor. Mag u hoor en vergewe.+ 31  “Wanneer ’n man teen sy medemens sondig en verplig is om ’n eed af te lê* en hy onder die eed kom en hy voor u altaar in hierdie huis kom terwyl hy onder die eed is,+ 32  mag u dan vanuit die hemel hoor en optree en u knegte oordeel deur die goddelose skuldig* te verklaar en hom te straf vir wat hy gedoen het en deur die regverdige onskuldig* te verklaar en hom te beloon vir sy regverdigheid.+ 33  “Wanneer u volk Israel deur hulle vyande verslaan word omdat hulle aangehou het om teen u te sondig+ en hulle dan na u terugkeer en u naam verheerlik+ en tot u bid en u om genade smeek in hierdie huis,+ 34  mag u dan vanuit die hemel hoor. Vergewe dan die sonde van u volk Israel en bring hulle terug na die land wat u aan hulle voorvaders gegee het.+ 35  “Wanneer die hemel toegesluit is en daar geen reën is nie+ omdat hulle aangehou het om teen u te sondig+ en hulle dan in die rigting van hierdie plek bid en u naam verheerlik en ophou met hulle sonde omdat u hulle verneder* het,+ 36  mag u dan vanuit die hemel luister en die sonde vergewe van u knegte, u volk Israel. Leer hulle+ wat die goeie weg is wat hulle moet volg, en laat dit asseblief reën op u land+ wat u aan u volk as ’n erfdeel gegee het. 37  “As daar hongersnood in die land ontstaan+ of as ’n vreeslike siekte, verskroeiende wind, ’n swamsiekte+ of swerms sprinkane die land tref; of as hulle vyande hulle in enige van die stede van die land aanval of as enige ander soort plaag of siekte uitbreek,+ 38  en enigiemand of u hele volk Israel ’n gebed of versoek om genade+ tot u rig, wat dit ook al mag wees (want elkeen weet watter pyn in sy hart is),+ en hulle hulle hande in die rigting van hierdie huis uitstrek, 39  mag u dan hoor vanuit die hemel, u woonplek.+ En mag u vergewe+ en optree en elkeen beloon volgens wat hy verdien,+ want u ken elkeen se hart (net u ken werklik die hart van elke mens).+ 40  Dan sal hulle u vrees solank as wat hulle in die land woon wat u aan ons voorvaders gegee het. 41  “En wat die uitlander betref wat nie deel is van u volk Israel nie en wat weens u naam* uit ’n ver land kom+ 42  (want hulle sal hoor van u groot naam+ en u magtige hand en u uitgestrekte arm) en wat in die rigting van hierdie huis bid, 43  mag u luister vanuit die hemel, u woonplek.+ En mag u alles doen wat die uitlander u vra, sodat al die volke van die aarde u naam kan ken en u kan vrees,+ net soos u volk Israel, en sodat hulle kan weet dat u naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het. 44  “As u u volk stuur om oorlog te maak teen hulle vyande, waar dit ook al mag wees,+ en hulle tot Jehovah bid+ in die rigting van die stad wat u uitgekies het+ en in die rigting van die huis wat ek vir u naam gebou het,+ 45  moet u asseblief hulle gebed en hulle versoek om genade vanuit die hemel hoor en hulle help. 46  “As hulle teen u sondig (want daar is geen mens wat nie sondig nie),+ en u vir hulle woedend is en hulle aan hulle vyande oorlewer, en as hulle vyande hulle as gevangenes wegneem na die land van hulle vyande, hetsy ver of naby,+ 47  en hulle dan tot besinning kom in die land waarheen hulle as gevangenes weggeneem is+ en hulle na u terugkeer+ en u om genade smeek in die land van hulle vyande+ en sê: ‘Ons het gesondig en verkeerd gedoen, ons het goddeloos opgetree,’+ 48  en hulle met hulle hele hart en hulle hele siel* na u terugkeer+ in die land van hulle vyande wat hulle as gevangenes weggeneem het, en hulle tot u bid in die rigting van hulle land wat u aan hulle voorvaders gegee het en van die stad wat u uitgekies het en die huis wat ek vir u naam gebou het,+ 49  moet u asseblief hulle gebed en hulle versoek om genade hoor vanuit die hemel, u woonplek,+ en hulle help 50  en u volk vergewe wat teen u gesondig het en al hulle oortredings teen u vergewe. U sal sorg dat dié wat hulle gevange geneem het, vir hulle jammer voel, en hulle sal vir hulle jammer voel+ 51  (want hulle is u volk en u erfdeel,+ wat u uit Egipte uitgelei het,+ uit die smeltoond uit).+ 52  Mag u aandag skenk aan* die versoek om genade+ van u kneg en aan die versoek om genade van u volk Israel deur na hulle te luister wanneer hulle ook al tot u roep.*+ 53  Want u het hulle afgesonder as u erfdeel uit al die volke van die aarde,+ net soos u deur middel van u kneg Moses gesê het toe u ons voorvaders uit Egipte uitgelei het, o Soewereine Heer Jehovah.” 54  En nadat Salomo hierdie hele gebed en versoek om genade tot Jehovah gerig het, het hy voor die altaar van Jehovah opgestaan, waar hy gekniel het met sy hande na die hemel uitgestrek.+ 55  Terwyl hy gestaan het, het hy die hele gemeente van Israel met ’n harde stem geseën en gesê: 56  “Mag Jehovah geloof word, wat aan sy volk Israel ’n rusplek gegee het, net soos hy belowe het.+ Nie een woord van al sy goeie beloftes wat hy deur middel van sy kneg Moses gemaak het, het onvervuld gebly nie.+ 57  Mag Jehovah ons God met ons wees net soos hy met ons voorvaders was.+ Mag hy ons nie verlaat of in die steek laat nie.+ 58  Mag hy ons die begeerte gee om sy weë te volg+ en om sy gebooie, sy wetsvoorskrifte en sy oordele te gehoorsaam, wat hy ons voorvaders beveel het om te onderhou. 59  En mag hierdie woorde waarmee ek Jehovah om goedkeuring gesmeek het, dag en nag naby Jehovah ons God wees, sodat hy goed sal doen aan sy kneg en aan sy volk Israel volgens wat elke dag nodig is, 60  sodat al die volke van die aarde kan weet dat Jehovah die ware God is.+ Daar is geen ander nie!+ 61  Julle moet Jehovah ons God met julle hele hart dien+ en sy wetsvoorskrifte volg en sy gebooie onderhou, soos vandag die geval is.” 62  Die koning en die hele Israel het ’n groot offerande aan Jehovah gebring.+ 63  Salomo het die vrede-offers*+ vir Jehovah geoffer: Hy het 22 000 beeste en 120 000 skape geoffer. So het die koning en al die Israeliete die huis van Jehovah ingewy.+ 64  Op daardie dag moes die koning die middel van die voorhof heilig wat voor die huis van Jehovah is omdat hy die brandoffers en die graanoffers en die vetstukke van die vrede-offers* daar moes offer. Want die koperaltaar+ wat voor Jehovah is, was te klein vir die brandoffers, die graanoffers en die vetstukke+ van die vrede-offers.* 65  Toe het Salomo die fees+ voor Jehovah ons God gevier saam met die hele Israel – ’n groot skare het gekom uit die gebied wat gestrek het van Lebo-Hamat* af tot by die Vallei* van Egipte.+ Dit het 7 dae en nog 7 dae geduur, altesaam 14 dae. 66  Die volgende* dag het hy die volk weggestuur, en hulle het die koning geseën en na hulle huise toe gegaan, vreugdevol en vrolik van hart as gevolg van al Jehovah se goedheid+ teenoor sy kneg Dawid en sy volk Israel.

Voetnote

D.w.s. die Huttefees.
Of “en sy medemens hom ’n vloek oplê”, d.w.s. ’n eed wat met ’n vloek gepaardgaan indien die persoon valslik sweer of nie die eed hou nie.
Lett. “goddeloos”.
Lett. “regverdig”.
Of “laat swaarkry”.
Of “reputasie”.
Lett. “Mag u oë oop wees vir”.
Of “ongeag wat hulle van u vra”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “die ingang van Hamat”.
Of “Wadi”. Sien Woordelys.
Lett. “agtste”, d.w.s. die dag ná die tweede tydperk van sewe dae.