Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DIE BYBEL SE BESKOUING

Die dood

Die dood

Waar is die dooies?

“Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.”Genesis 3:19.

WAT MENSE SÊ

Party glo aan lewe in ’n hiernamaals—die hemel, hel, vaevuur of limbus. Sommige meen dat hulle as ’n ander lewensvorm hergebore sal word. En diegene wat godsdiensidees verwerp, glo dat die dood eenvoudig die einde van ’n mens se bestaan is.

WAT DIE BYBEL SÊ

Prediker 9:10 sê: “Daar is geen werk of beplanning of kennis of wysheid in Sjeool, die plek waarheen jy gaan nie.” Die Bybel verduidelik ook wat met mense sowel as diere gebeur wanneer hulle sterf. Dit sê: “Almal gaan na een plek. Hulle is almal uit die stof, en hulle keer almal na die stof terug.”—Prediker 3:20.

Wat is die toestand van die dooies?

“Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy grond; op daardie dag vergaan sy gedagtes.” —Psalm 146:4.

WAT MENSE SÊ

Baie is geleer dat ’n mens se ondervindinge in die hiernamaals afhang van wat hy gedoen het terwyl hy op die aarde gelewe het. As hy goeie dinge gedoen het, sal sy beloning ewige saligheid wees; as hy sleg was, sal sy lot ewige foltering wees. Daar word beweer dat mense ná hulle dood van sonde gereinig moet word voordat hulle in God se teenwoordigheid toegelaat sal word. Diegene wat nie gereinig word nie, sal na bewering nooit hierdie vreugde smaak nie.

WAT DIE BYBEL SÊ

Die dooies ondervind nie vreugde of foltering nie. Trouens, aangesien hulle van niks bewus is nie, kan hulle hoegenaamd niks ondervind nie; hulle kan die lewendes ook nie help of kwaad aandoen nie. Prediker 9:5, 6 sê: “Die lewendes is daarvan bewus dat hulle sal sterf; maar wat die dooies betref, hulle is bewus van hoegenaamd niks . . . Ook hulle liefde en hulle haat en hulle jaloesie het reeds vergaan, en hulle het tot onbepaalde tyd geen deel meer aan enigiets wat onder die son gedoen moet word nie.”

Is daar enige hoop vir die dooies?

“As ’n man sterf, kan hy weer lewe? Al die dae van my dwangarbeid sal ek wag, totdat my verligting kom.”—Job 14:14.

WAT MENSE SÊ

Baie glo dat daar geen hoop is vir iemand wat in die hel is nie. Mense word na bewering vir ewig in die hel gefolter. Maar diegene wat in die vaevuur is, verkry na bewering eers hemelse saligheid nadat hulle deur vuur van hulle sondes gereinig is.

WAT DIE BYBEL SÊ

Mense wat sterf, sal in die dood slaap totdat God se Seun hulle op die aarde opwek. Die Bybel sê: “Moet julle nie hieroor verwonder nie, want die uur kom waarin almal wat in die gedenkgrafte is, sy stem sal hoor en sal uitkom” (Johannes 5:26, 28, 29). ’n Persoon se dade ná sy opstanding sal bepaal of hy die ewige lewe sal kry. *

^ par. 14 Kyk gerus vir meer inligting oor die opstanding na hoofstuk 7 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.