EPISODE 2
“Dit is my Seun”
(Lengte: 52:46)
Johannes die Doper kondig aan dat die Messias gekom het. Jesus begin met sy bediening. Hierdie episode sluit die volgende verslae in:
Johannes die Doper begin sy bediening (Lukas 3:1, 2; Johannes 1:6)
Johannes getuig van die lig (Johannes 1:7, 8)
Johannes preek oor doop (Matteus 3:1-12; Lukas 3:3-18; Markus 1:1-8)
Jesus se doop (Matteus 3:13-17; Markus 1:9-11; Lukas 3:21, 22)
Jesus deur die gees in die wildernis in gelei (Markus 1:12, 13; Matteus 4:1; Lukas 4:1, 2)
Geslagslyn van Jesus Christus (Lukas 3:23-38; Matteus 1:1-17)
Jesus verwerp die Duiwel se versoekings (Matteus 4:2-11; Lukas 4:3-13)
Johannes erken dat hy nie die Christus is nie maar die een is wat in die wildernis uitroep (Johannes 1:19-28)
Johannes identifiseer Jesus as “die Lam van God” (Johannes 1:29-31)
Johannes getuig oor die gees wat op Jesus neergedaal het en voorspel doop met heilige gees (Johannes 1:32-34)
Johannes se dissipels volg Jesus (Johannes 1:35-39)
Andreas neem sy broer Petrus na Jesus (Johannes 1:40-42)
Filippus en Natanael word Jesus se dissipels (Johannes 1:43-51)
Jesus verander water in wyn by ’n troue in Kana in Galilea (Johannes 2:1-12)
Jesus se eerste reiniging van die tempel in Jerusalem (Johannes 2:13-17)
Jesus sê vir Joodse teenstanders dat hy die tempel in drie dae weer sal opbou (Johannes 2:18-22)
Baie mense stel geloof in Jesus oor die wonderwerke wat hy doen (Johannes 2:23-25)

