Kry hulp
’n Ondersteuningstelsel is nie net belangrik terwyl jy op skool is nie, maar is ook noodsaaklik in jou toekomstige strewes as ’n volwassene.
WIE kan jou help in jou pogings om suksesvol te wees op skool?
Gesinslede.
“Wanneer ek hulp nodig gehad het met my huiswerk”, sê Bruna, ’n 18-jarige meisie in Brasilië, “het my pa die inligting aan my verduidelik en vrae gevra om my te laat dink. Maar hy het my die antwoorde self laat vind.” *
Wenk: Jy kan begin deur een van jou ouers te vra hoe goed hy of sy gevaar het in die vak waarmee jy sukkel. As jou ouer goed daarin gevaar het, is hy of sy dalk die regte persoon om jou te help.
Onderwysers.
Die meeste onderwysers is bly as ’n leerder goed wil doen op skool en sal hom of haar met graagte help.
Wenk: Sê eenvoudig vir jou onderwyser: “Ek sukkel met hierdie vak, maar ek wil dit graag onder die knie kry. Wat stel u voor?”
Mentors.
Dalk kan ’n goeie huisvriend jou help. So ’n reëling kan twee voordele inhou: Eerstens, jy sal die hulp kry wat jy nodig het; en tweedens, jy sal leer om op iemand anders staat te maak wanneer dit nodig is—’n benadering wat jou tot voordeel sal strek wanneer jy volwasse is. Om die waarheid te sê, in die meeste gevalle hang sukses af van ’n spanpoging, nie van die pogings van een persoon nie.—Spreuke 15:22.
Wenk: Vra jou ouers wie moontlik ’n goeie mentor vir jou sal wees.
Die slotsom: Daar is niks mee verkeerd om hulp te vra nie!
Maak ’n begin! Maak ’n lys van twee of drie rolmodelle—mense na wie jy opsien. Sal enige van hierdie persone jou met jou skoolwerk kan help?
^ par. 4 Dalk kan ’n ouer broer of suster jou ook help.