Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 19

Is Jehovah se Getuies regte Christene?

Is Jehovah se Getuies regte Christene?

As Jehovah se Getuies glo ons dat ons regte Christene is. Hoekom? Waarop baseer ons die dinge wat ons glo? Hoekom noem ons onsself Jehovah se Getuies? Hoe wys ons dat ons mekaar liefhet?

1. Waarop baseer Jehovah se Getuies die dinge wat hulle glo?

Jesus het gesê: “[God se] woord is die waarheid” (Johannes 17:17). Soos Jesus, het Jehovah se Getuies nog altyd die dinge wat hulle glo, op God se Woord gebaseer. Kom ons kyk byvoorbeeld na die geskiedenis van Jehovah se Getuies, wat voorheen Bybelstudente genoem was. Om en by die jaar 1870 het die Bybelstudente die Bybel deeglik begin studeer om uit te vind wat dit regtig leer. Hulle het die dinge wat hulle geglo het, op die Bybel gebaseer, al was dit anders as die dinge wat kerke mense geleer het. Toe het hulle mense begin vertel van die dinge wat hulle in die Bybel geleer het. a

2. Hoekom noem ons onsself Jehovah se Getuies?

Jehovah noem sy aanbidders sy getuies omdat hulle die waarheid oor hom praat (Hebreërs 11:4–12:1). Byvoorbeeld, in die ou tyd het God vir sy aanbidders gesê: “Julle is my getuies.” (Lees Jesaja 43:10.) Jesus word “die Getroue Getuie” genoem (Openbaring 1:5). Daarom het ons in 1931 die naam Jehovah se Getuies begin gebruik. Ons is trots om daardie naam te hê.

3. Hoe volg Jehovah se Getuies Jesus se liefde na?

Jesus was so lief vir sy dissipels dat hulle vir hom soos familie was. (Lees Markus 3:35.) Net so is Jehovah se Getuies ’n verenigde, wêreldwye familie. Daarom noem ons mekaar broer en suster (Filemon 1, 2). Ons is ook gehoorsaam aan die woorde: “Wees lief vir die hele gemeenskap van broers” (1 Petrus 2:17). Jehovah se Getuies wys hierdie liefde op baie maniere, soos wanneer ons ons broers en susters regoor die wêreld help wanneer hulle hulp nodig het.

SOEK DIEPER

Leer meer oor die geskiedenis van Jehovah se Getuies, en sien nog bewyse dat ons regte Christene is.

Regte Christene baseer die dinge wat hulle glo op die Bybel en vertel mense daarvan

4. Ons baseer die dinge wat ons glo op die Bybel

Jehovah het voorspel dat ons die Bybel al hoe beter sou verstaan. Lees Daniël 12:4, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat sou “oorvloedig word” onder God se aanbidders terwyl hulle aangehou het om die Bybel te studeer?

Kyk hoe ’n groep Bybelstudente, insluitende Charles Russell, God se Woord studeer het. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Hoe het Charles Russell en ander Bybelstudente die Bybel studeer?

Het jy geweet?

Soms het ons party van die dinge wat ons glo, aangepas. Hoekom? Soos die son opkom, kan ’n mens stadig maar seker al hoe meer details van ’n landskap sien, net so help God ons om sy Woord geleidelik al hoe beter te verstaan. (Lees Spreuke 4:18.) So al verander die Bybel nie, pas ons die dinge wat ons glo aan wanneer ons die Bybel beter verstaan.

5. Ons doen wat ons naam sê ons moet doen

Hoekom het ons die naam Jehovah se Getuies begin gebruik? Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Hoekom is die naam Jehovah se Getuies gepas?

Hoekom het Jehovah mense gekies om sy getuies te wees? Want hulle sou hom as die ware God identifiseer omdat daar al baie leuens oor hom vertel is. Kyk na net twee van daardie leuens.

Party godsdienste leer mense dat God wil hê dat hulle beelde moet gebruik wanneer hulle hom aanbid. Maar, lees Levitikus 26:1, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat is die waarheid? Hoe voel Jehovah oor afgode?

Party godsdiensleiers leer mense dat Jesus God is. Maar, lees Johannes 20:17, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat is die waarheid? Is God en Jesus dieselfde persoon?

  • Hoe voel jy oor die feit dat Jehovah sy Getuies gestuur het om mense die waarheid oor hom en sy Seun te vertel?

6. Ons is lief vir mekaar

Die Bybel sê dat Christene net soos verskillende dele van die mens se liggaam is. Lees 1 Korintiërs 12:25, 26, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat moet regte Christene doen wanneer ander Christene swaarkry?

  • Het jy al gesien hoe Jehovah se Getuies liefde vir mekaar wys? Hoe het hulle dit gedoen?

Wanneer Jehovah se Getuies in een deel van die wêreld swaarkry, probeer ander Getuies regoor die wêreld hulle onmiddellik help. Om ’n voorbeeld te sien, speel die VIDEO. Bespreek dan die volgende vraag.

  • Hoe wys die feit dat Jehovah se Getuies mekaar help, dat hulle lief is vir mekaar?

Regte Christene wys liefde aan mense wat hulp nodig het

PARTY MENSE SÊ: “Jehovah se Getuies is maar net ’n nuwe godsdiens.”

  • Van wanneer af noem Jehovah sy aanbidders getuies?

WAT ONS GELEER HET

Jehovah se Getuies is regte Christene. Ons is ’n wêreldwye familie van aanbidders wat die dinge wat ons glo, op die Bybel baseer en wat mense die waarheid oor Jehovah vertel.

Hersiening

  • Hoekom het ons die naam Jehovah se Getuies begin gebruik?

  • Hoe behandel ons mekaar?

  • Dink jy dat Jehovah se Getuies regte Christene is?

Doelwit

LEER MEER

Kyk na ’n voorbeeld van hoe Jehovah se Getuies gewys het dat sekere leringe vals is.

God se volk verheerlik sy naam (7:08)

Kry antwoorde op vrae wat jy dalk oor Jehovah se Getuies het.

“Algemene vrae oor Jehovah se Getuies” (webblad)

Stephen het mense van ander rasse so baie gehaat dat hy hulle aangeval het. Vind uit wat hy onder Jehovah se Getuies gesien het wat hom laat verander het.

“My lewe het al hoe slegter geword” (Die Wagtoring, 1 Julie 2015)

a Vanaf 1879 het Jehovah se Getuies Die Wagtoring gepubliseer om te verduidelik wat die Bybel sê.