Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 21

Hoe word die goeie nuus bekend gemaak?

Hoe word die goeie nuus bekend gemaak?

Jehovah sal binnekort, deur middel van sy Koninkryk, al ons probleme wegneem. Hierdie nuus is te goed om vir onsself te hou. Jesus wou hê dat sy volgelinge hierdie boodskap vir almal moet vertel! (Matteus 28:19, 20). Hoe doen Jehovah se Getuies wat Jesus vir sy volgelinge gesê het om te doen?

1. Hoe sien ons hoe die woorde in Matteus 24:14 vandag waar word?

Jesus het voorspel: “Hierdie goeie nuus van die Koninkryk sal oor die hele bewoonde aarde verkondig word” (Matteus 24:14). Dit maak Jehovah se Getuies baie gelukkig om hierdie belangrike werk te doen. Ons vertel mense wêreldwyd van die goeie nuus in meer as 1 000 tale! Baie tyd en energie is nodig om hierdie groot werk te doen, en dit moet goed georganiseer word. Dit kan nie sonder Jehovah se hulp gedoen word nie.

2. Hoe preek ons vir mense?

Ons preek vir mense waar hulle ook al is. Soos die Christene in die eerste eeu, preek ons “van huis tot huis” (Handelinge 5:42). Omdat ons hierdie deeglike metode gebruik, kan ons elke jaar met miljoene mense praat. Mense is nie altyd by die huis nie, en daarom preek ons ook op baie openbare plekke. Ons soek altyd na geleenthede om mense van Jehovah te vertel, en van alles wat hy in gedagte het vir die mens.

3. Wie het die verantwoordelikheid om mense van die goeie nuus te vertel?

Alle regte Christene het die verantwoordelikheid om mense van die goeie nuus te vertel. Ons neem ons verantwoordelikheid ernstig op. Ons preek soveel as wat ons kan omdat ons weet dat dit mense se lewens kan red. (Lees 1 Timoteus 4:16.) Ons word nie betaal om hierdie werk te doen nie, want die Bybel sê: “Julle het verniet ontvang, verniet moet julle gee” (Matteus 10:7, 8). Baie mense luister nie na ons boodskap nie, maar ons hou aan preek, want as ons dit doen, is ons gehoorsaam aan Jehovah en maak ons hom gelukkig.

SOEK DIEPER

Leer meer oor hoe Jehovah se Getuies regoor die wêreld preek, en kyk hoe Jehovah ons help.

4. Ons werk hard om alle mense van die goeie nuus te vertel

Jehovah se Getuies doen baie moeite om mense regoor die wêreld van die goeie nuus te vertel. Speel die VIDEO, en bespreek dan die volgende vraag.

  • Wat beïndruk jou oor die moeite wat Jehovah se Getuies doen om te preek?

Lees Matteus 22:39 en Romeine 10:13-15, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Hoe wys die feit dat ons preek, dat ons lief is vir ander mense?

  • Hoe voel Jehovah oor mense wat ander van die goeie nuus vertel? – Sien vers 15.

5. Ons werk saam met God

Baie ondervindinge wys dat Jehovah ons lei wanneer ons preek. Byvoorbeeld, in Nieu-Seeland het ’n broer met die naam Paul ’n vrou ontmoet terwyl hy een middag van huis tot huis gepreek het. Daardie oggend het die vrou tot God gebid en God se naam, Jehovah, gebruik en hom gevra dat iemand haar moet kom besoek. Paul sê: “Drie ure later was ek by haar deur.”

Lees 1 Korintiërs 3:9, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe wys ondervindinge soos die een in Nieu-Seeland dat Jehovah ons lei wanneer ons preek?

Lees Handelinge 1:8, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoekom het ons Jehovah se hulp nodig om te preek?

Het jy geweet?

By elkeen van ons vergaderinge in die week kry ons opleiding wat ons help om te preek. As jy al een van hierdie vergaderinge bygewoon het, wat het jy gedink van hierdie opleiding?

6. Ons is gehoorsaam aan God se opdrag om te preek

In die eerste eeu het vyande probeer om Jesus se volgelinge te keer om te preek. Vroeë Christene het hulle reg om te preek, verdedig deur “die goeie nuus . . . wetlik [te] bevestig” (Filippense 1:7). Vandag doen Jehovah se Getuies dit ook. a

Lees Handelinge 5:27-42, en bespreek dan hierdie vraag:

IEMAND VRA DALK: “Hoekom gaan Jehovah se Getuies van deur tot deur?”

  • Hoe sal jy antwoord?

WAT ONS GELEER HET

Jesus het vir sy volgelinge gesê om alle nasies van die goeie nuus te vertel. Jehovah help sy aanbidders om hierdie werk te doen.

Hersiening

  • Hoe word mense regoor die wêreld van die goeie nuus vertel?

  • Hoe wys die feit dat ons preek, dat ons lief is vir ander mense?

  • Dink jy dat dit ons gelukkig kan maak om te preek? Hoekom?

Doelwit

LEER MEER

Kyk hoe Jehovah se Getuies vir mense in groot stede preek.

Spesiale metro-getuieniswerk in Parys (5:11)

Wat het Jehovah se Getuies gedoen om vlugtelinge te help?

Vlugtelinge se geestelike dors word geles (5:59)

Luister hoe ’n vrou verduidelik hoekom dit haar gelukkig gemaak het om in die voltydse diens te wees.

Ek is bly dat ek hierdie loopbaan gekies het (6:29)

Lees oor party belangrike besluite wat die hof gemaak het wat dit makliker gemaak het om ander van die goeie nuus te vertel.

“Koninkrykspredikers stel hulle saak in die hof” (God se Koninkryk regeer!, hoofstuk 13)

a God het ons die opdrag gegee om te preek. Daarom het Jehovah se Getuies nie regerings se toestemming nodig om ander van die goeie nuus te vertel nie.