Aan die Romeine 10:1-21

  • Hoe om God se regverdigheid te verkry (1-15)

    • Openbare bekendmaking (10)

    • Om Jehovah se naam aan te roep, beteken redding (13)

    • Lieflike voete van verkondigers (15)

  • Goeie nuus verwerp (16-21)

10  Broers, ek wens met my hele hart en ek smeek God dat hulle gered word.+  Want ek getuig van hulle dat hulle ’n ywer vir God het,+ maar nie akkurate kennis nie.  Omdat hulle nie die regverdigheid van God ken nie+ maar in hulle eie oë regverdig probeer wees,+ het hulle nie God se regverdige standaarde gehoorsaam nie.+  Want Christus is die einde van die Wet,+ sodat elkeen wat geloof beoefen, regverdig kan wees.+  Moses het die volgende geskryf oor die regverdigheid wat deur middel van die Wet verkry word: “Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.”+  Maar die volgende word gesê oor die regverdigheid wat as gevolg van geloof verkry word: “Moenie in jou hart sê:+ ‘Wie sal na die hemel opvaar?’+ dit wil sê om Christus af te bring,  of: ‘Wie sal in die afgrond neerdaal?’+ dit wil sê om Christus uit die dood terug te bring nie.”  Maar wat sê dit? “Die woord is naby jou, in jou eie mond en in jou eie hart”+ – dit wil sê “die woord” van geloof, wat ons verkondig.  As jy met jou mond in die openbaar bekend maak dat Jesus Here is+ en in jou hart geloof beoefen dat God hom opgewek het, sal jy gered word. 10  Want vir regverdigheid moet iemand in sy hart geloof beoefen, maar vir redding moet hy sy geloof met sy mond in die openbaar bekend maak.+ 11  Want die Skrif sê: “Niemand wat geloof in hom het, sal teleurgestel word nie.”+ 12  Want daar is geen verskil tussen Jood en Griek nie.+ Hulle almal het dieselfde Here, wat ryklik* gee aan almal wat hom aanroep. 13  Want “elkeen wat die naam van Jehovah* aanroep, sal gered word”.+ 14  Maar hoe kan hulle hom aanroep as hulle nie geloof in hom gestel het nie? En hoe kan hulle geloof in hom stel as hulle nie van hom gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor as iemand nie preek nie? 15  En hoe kan hulle preek as hulle nie uitgestuur is nie?+ Net soos daar geskryf is: “Hoe lieflik is die voete van dié wat goeie nuus van goeie dinge bekend maak!”+ 16  En tog was hulle almal nie gehoorsaam aan die goeie nuus nie. Want Jesaja sê: “Jehovah,* wie het geloof gestel in wat ons gesê het?”*+ 17  Geloof volg dus op wat gehoor word.+ En wat gehoor word, is deur die woord oor Christus. 18  Maar ek vra: Het hulle miskien nie gehoor nie? Nee, hulle het gehoor, want ‘hulle geluid het oor die hele aarde uitgegaan en hulle boodskap tot aan die eindes van die aarde’.+ 19  En ek vra ook: Het Israel miskien nie geweet nie?+ Eerstens sê Moses: “Ek sal julle jaloers maak met mense van ander nasies. Ek sal julle woedend maak deur middel van ’n dwase nasie.”+ 20  Maar Jesaja gaan selfs so ver as om te sê: “Ek is gevind deur dié wat my nie gesoek het nie.+ Ek het bekend geword aan dié wat nie gevra het waar ek is nie.”+ 21  Maar oor Israel sê hy: “Die hele dag deur het ek my hande uitgestrek na ’n ongehoorsame en hardkoppige volk.”+

Voetnote

Of “vryelik”.
Lett. “in wat by ons gehoor is”.