EPISODE 5
“Verstom oor die manier waarop hy geleer het”
(Lengte: 30:47)
Nadat Jesus ’n groot skare gesond gemaak het, gee hy die Bergpredikasie – sy bekendste toespraak. Hierdie episode sluit die volgende verslae in:
Jesus leer groot skares en maak hulle gesond (Lukas 6:17-19; Matteus 5:1)
Jesus begin met die Bergpredikasie; dinge wat geluk gee en dinge wat geluk keer (Matteus 5:2-12; Lukas 6:20-26)
“Sout van die aarde” en “lig van die wêreld” (Matteus 5:13-16)
Jesus vervul die Wet (Matteus 5:17-20)
Raad oor woede en oor hoe om vrede te maak met dié met wie ons nie saamstem nie (Matteus 5:21-26)
Raad oor egbreuk en egskeiding (Matteus 5:27-32)
Raad oor geloftes, wraak en liefde vir vyande (Matteus 5:33-48; Lukas 6:27-30, 32-36)
Vermy die vertoon van regverdigheid (Matteus 6:1-4)
Hoe om te bid en die modelgebed (Matteus 6:5-15)
Moenie op ’n skynheilige manier vas nie (Matteus 6:16-18)
Skatte op die aarde en in die hemel (Matteus 6:19-24)
Hou op om bekommerd te wees; soek eers God se Koninkryk (Matteus 6:25-34)
Hou op om te oordeel; hou aan om te gee (Matteus 7:1-6; Lukas 6:37-42)
Hou aan vra, soek en klop (Matteus 7:7-11)
Goue Reël (Matteus 7:12; Lukas 6:31)
Die nou poort (Matteus 7:13, 14)
Valse profete; bome aan hulle vrugte geken (Matteus 7:15-23; Lukas 6:43-46)
Huis op rots gebou teenoor huis op sand gebou (Matteus 7:24-27; Lukas 6:47-49)
Skare verstom oor die manier waarop Jesus geleer het (Matteus 7:28, 29)

