Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Milford Sound

LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Nieu-Seeland

’n Besoek aan Nieu-Seeland

OMTRENT 800 jaar gelede het Maori-stamme duisende kilometers oor die oseaan gereis en Nieu-Seeland hulle tuiste gemaak. Hier het hulle ’n land ontdek met berge en bewegende ysmassas, warmwaterbronne en sneeu—heeltemal anders as die tropiese eilande van Polinesië wat hulle agtergelaat het. Omtrent 500 jaar later het ’n ander ras ingetrek, hierdie keer al die pad van Europa af. Tradisies uit Europa (Angel-Saksies) en Polinesië het grootliks bygedra tot die tradisies wat ons vandag in Nieu-Seeland sien. Amper 90% van die mense in Nieu-Seeland bly in stede. Die stad Wellington staan bekend as die suidelikste hoofstad in die wêreld.

Borrelende modderpoele op die Noord-eiland

Die natuur in Nieu-Seeland is uiters mooi en ryk aan verskeidenheid. Daarom is dit geen wonder dat dit elke jaar 3 miljoen toeriste lok nie, al moet hulle ver reis om daar uit te kom.

Die silwervaring kan tot 10 meter hoog groei

Tot en met 1948 het mense gedink dat die takahe uitgesterf het

In Nieu-Seeland vind mens ’n ongewone verskeidenheid diersoorte. Dit is die tuiste van die tuatara, ’n akkedisagtige reptiel wat tot 100 jaar lank kan lewe! Die enigste inheemse soogdiere is ’n paar spesies vlermuise en sekere groot seediere soos walvisse en dolfyne. Dit het ook die wêreld se grootste verskeidenheid voëls wat nie kan vlieg nie.

Jehovah se Getuies is al byna 120 jaar in Nieu-Seeland bedrywig. Hulle leer ander die Bybel in ten minste 19 tale, insluitende Polinesiese tale soos Niueaans, Rarotongaans, Samoaans en Tongaans.

Maori’s wat ’n dans in tradisionele klere opvoer