Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 VOORBLADONDERWERP | IS DIE WÊRELD BUITE BEHEER?

Is die wêreld buite beheer of nie?

Is die wêreld buite beheer of nie?

DIE jaar 2017 het begin met ’n droewige aankondiging deur die wetenskaplike gemeenskap. In Januarie het ’n groep wetenskaplikes verklaar dat die wêreld nou nader is aan die ergste ramp wat die mens nog gesien het. Wetenskaplikes gebruik die simboliese Oordeelsdaghorlosie om te wys hoe naby die mensdom aan ’n wêreldramp is. Hulle het die minuutwyser van die horlosie 30 sekondes aangeskuif, en nou staan die Oordeelsdaghorlosie op twee en ’n half minute voor middernag. Dit wil sê in die afgelope 60 jaar was ons nog nooit so na aan ’n wêreldramp gewees nie!

Wetenskaplikes wil in 2018 weer probeer vasstel hoe naby ons is aan die einde van die wêreld. Sal die Oordeelsdaghorlosie dan nog steeds vir ons aandui of ons op die punt staan van die grootste ramp in die mens se geskiedenis? Wat dink jy? Is die wêreld buite beheer? Jy vind dit dalk moeilik om hierdie vraag te beantwoord. Selfs kenners op dié gebied stem nie hieroor saam nie. Nie almal glo dat die wêreld tot ’n einde sal kom nie.

Daar is miljoene mense wat in ’n blink toekoms glo. Volgens hulle is daar bewyse dat die mensdom en ons planeet vir ewig sal bestaan en dat ons lewensgehalte sal verbeter. Kan ons hierdie bewyse vertrou? Is die wêreld buite beheer of nie?