Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VERHAAL 2

’n Pragtige tuin

’n Pragtige tuin

KYK hoe lyk die aarde hier! Hoe mooi is alles tog nie! Kyk na die gras en die bome, die blomme en al die diere. Kan jy die olifant en die leeus sien?

Hoe het hierdie pragtige tuin daar gekom? Wel, kom ons kyk hoe God die aarde vir ons reggemaak het.

God het eers groen gras gemaak om die grond te bedek. En hy het allerhande plantjies en bosse en bome gemaak. Hierdie groeiende dinge help om die aarde mooi te maak. Maar dit is nie al nie. Baie van hulle gee ons ook kos wat baie lekker smaak.

God het later visse gemaak om in die water te swem en voëls om in die lug te vlieg. Hy het honde en katte en perde gemaak; groot diere en klein diertjies. Watter diere woon naby jou huis? Moet ons nie bly wees dat God al hierdie dinge vir ons gemaak het nie?

Eindelik het God een deel van die aarde ’n baie spesiale plek gemaak. Hy het hierdie plek die tuin van Eden genoem. Dit was volmaak. Alles daarin was pragtig. En God wou hê dat die hele aarde moes word net soos hierdie mooi tuin wat hy gemaak het.

Maar kyk weer na die prent van hierdie tuin. God het gesien dat iets kortkom. Weet jy wat dit is? Kom ons kyk.